Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 5
Die dier met die ontdekkingsgier
Module 9
Diere en hul voeding
- Kan jy die verskille tussen die diere op die twee prente hieronder raaksien? Trek ‘n sirkel om die verskille in prent B.
A
B
Ken jy die Afrikaanse name van die diere in die prente? Moontlik ken jy hulle, of ‘n paar van hulle, of glad nie.
Slaan die onderstaande Engelse name van die diere in ‘n tweetalige
woordeboek na en skryf die Afrikaanse name neer:
leopard:
springbok:
elephant:
giraffe:
baboon:
hippopotamus:
[LU 6.3.5]
- Skryf nou die verskille tussen die prente neer. Jy en jou maat mag mekaar help. Nommer die verskille (a) tot (f).
- Hier volg ‘n paar woorde wat julle sal kan help:
slurp blare maag in die lug oop
prooi tak hang kou toe
stert bek sonder met klou
[LU 5.2.5]
- Die diere in die prente is almal wilde diere. Gesels in die klas of in julle groepe oor die volgende:
Wanneer is ‘n dier ‘n wilde dier?
Aan watter wilde diere kan julle dink?
Waar in Suid-Afrika tref ons oral wilde diere aan?
Is hulle almal gevaarlik?
Hoekom is hulle gevaarlik?
Wanneer is ‘n wilde dier ‘n roofdier? ensovoorts. [LU 3.1.4]
- Woordsoek:
Soek die volgende woorde wat in die raaisel in die blok weggesteek is. Omkring hulle met kleurpotlode.
olifant prooi jag skuil leeu ivoor
koedoe tand seekoei horing rooibok sebra
springbok ore pels slang renoster kameelperd
woestyn gemsbok wildebees watergat spoor
S | K | A | M | E | E | L | P | E | R | D | A | M | S | A |
L | P | G | O | Z | L | U | A | B | J | R | C | N | P | D |
A | R | P | R | O | O | I | C | P | S | P | O | O | R | H |
N | T | I | E | B | N | P | E | F | K | E | E | P | I | M |
G | V | K | N | D | L | E | E | U | U | L | T | A | N | D |
P | X | M | O | F | P | R | G | H | I | S | G | R | G | Q |
H | O | R | I | N | G | D | I | S | L | T | J | T | B | T |
B | Z | E | Q | H | W | A | T | E | R | G | A | T | O | T |
D | O | N | S | J | T | K | M | B | L | V | G | V | K | W |
F | R | O | O | I | B | O | K | R | N | X | I | Y | L | O |
H | E | S | U | V | T | P | O | A | K | O | E | D | O | E |
J | A | T | W | O | V | W | I | L | D | E | B | E | E | S |
L | C | E | H | O | R | I | N | G | P | Z | K | C | G | T |
N | E | R | Y | R | X | S | O | L | I | F | A | N | T | Y |
S | E | E | K | O | E | I | G | E | M | S | B | O | K | N |
[LU 3.6.4]
Hier is sekerlik weer ‘n paar woorde wat jy nie voorheen geken het nie!
Skryf die nuwe woorde wat jy geleer het neer. (Jy kan die Engelse woorde langs hulle neerskryf).
- Rangskik in alfabetiese volgorde:
Die leidrade vir die woordsoek verskyn weer hieronder. Rangskik al hierdie woorde in alfabetiese volgorde langs nommers 1 tot 23.
olifant prooi jag skuil leeu ivoor
koedoe tand seekoei horing rooibok sebra
springbok ore pels slang renoster kameelperd
woestyn gemsbok wildebees watergat spoor
SPEL: Leer hoe om al die DIERSOORTE korrek te spel!
7. Al die diere in paragraaf 1 is soogdiere. Kan jy nog onthou wat ‘n soogdier is? Gesels daaroor en skryf die definisie neer. Julle kan dit ook in die verklarende woordeboek naslaan. Daar kry julle 'n verduideliking in Afrikaans. Die klas kan saam besluit wat julle gaan skryf en julle opvoeder sal julle help.
[LU 5.2.10]
8. Stillees
Lees die onderstaande self deur nadat julle opvoeder dit vir julle voorgelees het. (Lees dit minstens twee maal stil deur). Beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
‘n Soogdier se tande is die hardste van al die bene in sy liggaam. Alle soogdiere, én mense, want ons is ook soogdiere, het ons tande baie nodig! Die tande byt, sny, kou en hou die kos vas.
Soogdiere gebruik die voortande om die kos mee af te byt. Die tong stoot die kos na die agterste tande waar dit fyngemaal word. Die kos word ook met speeksel gemeng sodat dit sagter gemaak en makliker gesluk kan word.