Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en stelsel
Gebruike van elektriese energie
Opvoeders afdeling
Memorandum
Tabel: Voorbeeld (aanvaar ander voorstelle deur leerder)
Funksie |
Toestelle |
Werking as 'n sisteem |
Warmte |
Verwarmer |
Element (metaal) word warm vanweë weerstand teen stroom wat vloei, energie kom vry in vorm van warmte. Kan olie of water verwarm. |
Oond |
Soos bg. maar in ‘n houer om hitteverlies te voorkom. |
Stoofplaat |
Element wat ‘n plat oppervlak vorm waarop kastrolle/ potte/panne kan staan en met hitte in kontak kom om verkies te beperk. |
Broodrooster, ketel, strykyster, ens. |
Lig |
Warm gloeilampe |
Bevat element wat gloei in houer met gas wat voorkom dat dit uitbrand. |
Buislig met twee pole waar elektrisiteit deur gas beweeg |
Word nie baie warm nie, dus min verlies aan hitte. |
Flits van kamera. |
|
Beweging |
Stofsuier |
Elektrisiteit laat motor bestaande uit drade en magnete beweeg, wat suigkrag laat ontstaan. |
Grassnyer, boor, klitser, waaier is ander voordele. |
Klank |
Radio |
Elektrisiteit word gebruik om radiogolwe op te vang en na klankgolwe om te sit wat deur luidspreker uitgestuur word. |
Alarmstelsels, wekkers, TV, - soortgelyk. |
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die gebruike van elektriese energie te kan beskryf [lu 2.1]
- Eskom is Suid-Afrika se grootste verskaffer van elektrisiteit en hul mikpunt is om jaarliks honderde “nuwe” skole, hospitale, huise, ens. van elektrisiteit te voorsien.
- Die vier gebruike van elektrisiteit wat ons die meeste aanwend, is warmte, lig, beweging en klank.
- Dink aan elektriese toestelle wat warmte, lig, beweging en klank aan ons verskaf. Kies twee vir elkeen van die gebruike. Doen navorsing om by elkeen te bepaal hoe elektriese energie gebruik word om die funksie te verrig waarvoor hulle aangewend word (met ander woorde hoe elkeen as ‘n sisteem funksioneer).
- Voltooi die onderstaande tabel deur die inligting wat jy versamel het daarin uiteen te sit. Maak seker dat jy in elke groep 'n verskeidenheid toestelle kies (byvoorbeeld nie net verskillende stowe vir warmte nie).
FUNKSIE |
TOESTELLE |
WERKING AS 'N SISTEEM |
WARMTE |
LIG |
GROEPASSESSERING: KRITERIA |
1 |
2 |
3 |
4 |
Kategorisering korrek |
_____ |
_____ |
_____ |
_____ |
Goeie beskrywing van toestelle |
_____ |
_____ |
_____ |
_____ |
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou
OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.