Wiskunde
Wiskunde in die wêreld rondom ons
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
- Integrasie van Temas: Wiskunde met die drie bere.
- Menseregte: Die storie van die drie bere leer leerders dat almal regte het en almal moet gerespekteer word.
- Leerders brei hulle getalbegrip uit tot 109 op die klimraam. Die aktiwiteite sluit in die ordening van getalle, getalname, simbole en aan- en terugtel.
- Posisie word bepaal van plekke in die klaskamer. ‘n Vloerplan van die klaskamer word gebruik.
- ‘n Grafiek word ontwerp wat voltooi moet word deur inligting in te samel.
- Optelling en aftrekking word uitgebrei na +4, -4, +5, -5, +6, -6, +7, -7.
- Samestellings van 10 en 11 word ontdek.
- Aanwysings word gegee om ‘n vorm te teken en in te kleur.
- Meting met die duime en vergelyking van hierdie mate, met die gebruik van die relevante woordeskat.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: posisie bepaling in die klaskamer [lu 1.2, lu 1.9, lu 2.2, lu 3.5, lu 3.6, lu 3.7, lu 3.8, lu 4.6]
- Dit is my klaskamer
- Kyk goed na die tekening van die klaskamer.
- Maak seker dat jy weet waar alles is.
1. ______ is die skryfbord. Kleur dit in.
2. ______ is die deur. Kleur dit in.
3. ______ is die vensters. Kleur hulle in.
4. ______ is die kaste. Kleur hulle in.
5. ______ is my juffrou se tafel. Kleur dit in.
6. ______ is die mat. Kleur dit in.
7. ______ is die leeshoekie. Kleur dit in.
8. ______ is my lessenaar. Kleur dit in.
9. ______ is Hennie se lessenaar. Kleur dit in.
- A is die ry waarin ek sit.
- Waar is voor in die klaskamer?
- Waar is agter in die klaskamer?
- Watter is die linkerkant?
- Watter is die regterkant?
LU 3.5 | LU 3.6 | LU 3.7 | LU 3.8 |
- Voltooi:
- Hoeveel leerders dink jy is daar in my Graad 2-klas?
- Skryf:
Ek het ______________ leerders geraai.
Tel die leerders in 2’s.
Ek het ______________ leerders getel.
- Merk wat pas.
Ek het reg geraai.
Ek het te veel geraai.
Ek het te min geraai.
- Gebruik tellers of tekeninge as jy die antwoorde moet uitwerk.
As 1 seun 2 oë het,
sal 2 seuns _______ oë hê.