This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Lewensoriëntering
Graad 9
My loopbaan vorentoe
Module 8
Persoonlikheidseienskappe
Die Motivering van eie Beroeps- en Studiekeuses
Selfkennis
Om die regte keuses te kan maak, het jy deeglike kennis van jouself nodig. Die volgende aspekte omtrent jouself moet noukeurig na gekyk word:
- Persoonlikheid
- Belangstelling
- Aanleg / Vermoë / Vaardighede
- Akademiese profiel (prestasie)
- Waardes
Persoonlikheid
Ons persoonlikheid het te doen met ons keuses ten opsigte van hoe ons lewe:
- in die wêreld buite onsself tussen ander mense(sosiaal)
- binne onsself (hoe ons inligting verwerk en besluite neem)
- die tipe omgewing waarin ons die gemaklikste is
- Beoordeel jou eie persoonlikheidstrekke deur ‘n kruisie in die toepaslike blokkie te maak volgens die 4-punt skaal.
- Interpreteer die 4-punt skaal só:
1 – Glad nie soos ek nie 3 – Nogal soos ek 2 – Effens soos ek 4 – Definitief soos ek
PERSOONLIKHEID | 1 | 2 | 3 | 4 |
Natuurlik – opreg, nederig, plat op die aarde | ||||
Vasberade – gooi nie maklik tou op nie | ||||
Skaam – vind dit moeilik om met vreemdelinge te praat | ||||
Sistematies – volg ‘n plan stap-vir-stap | ||||
Taktvol – doen en sê dinge sonder om ander seer te maak | ||||
Oorredend – kan ander van opinie laat verander | ||||
Verdraagsaam – kan ander se eise hanteer | ||||
Samewerkend – werk maklik in groep | ||||
Begrypend – erken ander se gevoelens en standpunte | ||||
Sosiaal – geniet om saam met ander mense te wees | ||||
Onafhanklik – doen nie dinge om ander te plesier nie | ||||
Dominerend – verwag dat ander sal doen soos jy wil | ||||
‘n Volger – doen wat ander graag wil | ||||
Akkuraat – doen dinge die eerste maal reg | ||||
Ambisieus – wil dinge doen en iets bereik in die lewe | ||||
Selfvertroue – glo in en vertrou op jouself | ||||
Impulsief – doen voor jy dink | ||||
Kreatief – het blink idees | ||||
Verantwoordelik – kan besluite neem en gevolge aanvaar | ||||
Aanpasbaar – kan maklik by nuwe omstandighede aanpas |
[LU 5.2]
Opsomming: Persoonlikheidseienskappe
- Maak ‘n lysie van jou persoonlikheidseienskappe. Gee dit nou vir ‘n maat wat jou goed ken, en kyk of hy of sy met jou saamstem.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 5 |
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors; |
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer; |
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek; |
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek; |
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel. |
Read also:
OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.