Dis baie belangrik dat julle praat. Vra "dom" vrae, gee "dom" antwoorde. Maak "dom" planne om "probleme" op te los.
Die van julle wat nie lus is om nar te speel nie, kan sommer nargesigte op papierborde teken en die oogholtes uitknip sodat julle kan sien wanneer julle die "nar" borde voor julle gesigte hou. Jy en jou maat kan dan ook 'n gesprek voer en julle klasmaats op hierdie manier aan die lag kry.
O ja, waarsku net die klasse langs julle klaskamer dat al die gelag hulle miskien kan pla. Nooi hulle sommer om saam te kom lag!
LU 2.2.2 | |
LU 2.4.6 |
TELWOORDE
3. Chepi is 'n sirkusnar. Kyk na die maand Maart op die kalender. Die dae wat omsirkel is, is die dae wanneer daar optredes is.
Die dae met 'n blokkie is die dae wanneer die sirkusmense na 'n volgende dorp of stad reis.
MAART | ||||||
Maandag | Dinsdag | Woensdag | Donderdag | Vrydag | Saterdag | Sondag |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 |
Skryf die woorde en syfers:
- Hoeveel dae is daar in Maart? ..................................................................
- Hoeveel Maandae is daar in Maart? ...........................................................
- Hoeveel Sondae is daar in Maart? ..............................................................
- Hoeveel dae gaan hulle optree? ..................................................................
- Hoeveel dae gaan hulle reis? ......................................................................
- Wat dink jy doen hulle op Sondae? .............................................................
LU 5.3.3 |
- Dis almal hooftelwoorde
1 - een | 4 - vier | 7 - sewe | 10 - tien | 13 - dertien |
2 - twee | 5 - vyf | 8 - agt | 11 -elf | 14 -veertien |
3 - drie | 6 - ses | 9 - nege | 12 - twaalf | 15 - vyftien |
20 - twintig | 50 - vyftig | 80 - tagtig |
30 - dertig | 60 - sestig | 90 - negentig |
40 - veertig | 70 - sewentig | 100 - honderd |
Lees al die hooftelwoorde hardop saam.
- Rangtelwoorde
Kyk weer na die kalender.
- Wat is die datum van die eerste Woensdag in Maart?
- Wat is die datum van die tweede Maandag in Maart?
- Wat is die datum van die vierde Saterdag in Maart?
LU 6.3.5 |
eerste | sesde | elfde | sestiende |
tweede | sewende | twaalfde | sewentiende |
derde | agste | dertiende | agtiende |
vierde | negende | veertiende | negentiende |
vyfde | tiende | vyftiende | twintigste |
4 . Verdeel weer in julle groepe.
Lees nou hardop hoe 'n tipiese dag in die lewe van 'n sirkusnar verloop. Elkeen kan 'n paragraaf lees.
Mike Ridenour is 'n nar in 'n rondreisende sirkus. Om 'n nar te wees, is harde werk. Die meeste narre leer hulle roetines van ouer narre. Mike se pa, ook 'n nar, was sy leermeester. Dit is 'n sirkustradisie dat sirkusartieste se kinders ook begin deelneem aan die sirkus wanneer hulle groot genoeg is en in hulle ouers se voetspore volg.
'n Sirkus het gewoonlik 'n middagvertoning en 'n aandvertoning. Soggens kyk Mike of sy kostuums en hulpmiddels nog in'n goeie toestand is, en oefen ook byvoorbeeld sy toertjies, of om op sy stelte te loop.
'n Uur voordat die vertoning begin, begin Mike om sy gesig te grimeer. 'n Nar se gesig is so persoonlik soos sy handtekening! Elke nar het sy eie unieke gesig wat soos geen ander nar s’n lyk nie. Hy trek sy kostuum en ekstra -groot skoene aan, sit sy pruik en hoedjie op en heel laaste sy groot rooi neus.