This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Tegnologie
Graad 8
Voedselprosessering
Module 9
Basiese reëls oor higiëne
Aktiwiteit 1:
Om basiese reëls oor higiëne op te noem en toe te pas
[lu 1.12]
- Bakterieë kan voedselbederf veroorsaak wat kan lei tot voedselinfeksie of voedselvergiftiging. Dit is uiters noodsaaklik dat voedsel teen skadelike bakterieë beskerm moet word. Om dit te doen moet ’n paar basiese reëls in die kombuis en ook ten opsigte van persoonlike higiëne toegepas word.
- Die sketse wat volg, illustreer aspekte van higiëne in die kombuis asook persoonlike higiëne.
- Skryf by elke prentjie ’n reël oor higiëne neer wat jy uit die prentjie aflei.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
tegnologiese prosesse en vaardighede Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek; |
1.2 bestaande produkte wat met die probleem verband hou, ondersoek; |
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer; |
1.4 gepaste soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
|
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel in reaksie op ‘n gegewe of geïdentifiseerde situasie; |
1.7 verskeie alternatiewe oplossings genereer en aantekeninge skryf oor idees wat met die ontwerpstelling en -spesifikasies verband hou; |
maak:1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
|
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond; |
1.12 veilige werkpraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik. |
Memorandum
- Laat leerders hul eie reëls neerskryf, aan die klas voorstel en op reaksies uit die klas reageer.
Read also:
OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.