Natuurwetenskappe
Graad 8
Energie: elektrisiteit, energie, warmte en lig
Module 8
Elektriese taal
- Daar is ‘n klomp woorde en terme wat jy moet ken om verdere studies te kan doen.
Aktiwiteit:
Om die terme wat in studies oor elektrisiteit gebruik word, onder die knie te kry
[lo 1.1, 1.2, 1.3, 2.4, 3.1]
TERM | SIMBOOL | VERDUIDELIKING |
Ampère | A | Eenheid waarin stroom gemeet word. |
Coulomb | C | Die eenheid waarin elektriese lading wat gestoor kan word, gemeet word. |
Gelykstroom (“direct current”) | DC | Stroomrigting bly dieselfde en in een rigting |
Wisselstroom(“Alternate current”) | AC | Stroomrigting wissel |
Potensiaalverskil | PV | Druk op elektrisiteit wat een volt lewer |
Volt | V | Standaardeenheid van meting van die drukkrag in elektrisiteit |
Watt | W | Standaardeenheid van meting van drywing. |
Ohm | Ω | Eenheid waarin weerstand gemeet word. |
Opdrag 1:
Voltooi die volgende tabel:
SIMBOOL | TERM | VERDUIDELIKING |
Ω | ||
C | ||
A | ||
AC | ||
PV |
Die bydraes van wetenskaplikes deur die eeue het baie gehelp om ons begrip van en die ontwerp van toestelle wat vandag ons lewe vergemaklik, te verhelder.
Opdrag 2:
Vind meer uit oor een van die volgende en maak ‘n plakkaat wat jy in jou klas kan opsit.
- Benjamin Franklin
- Nicola Tesla
- Alessandro Volta
- Georg Simon Ohm
- André Marie Ampère
- Charles Coulomb
Jy sal oplet dat baie van die vorige terme na hulle vernoem is.
Assessering
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan oproep;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Memorandum
ELEKTRIESE TAAL
Aktiwiteit
Opdrag 1:
Daar is ‘n klomp woorde en terme wat leerders moet ken om verdere studies te kan doen
Term | Simbool | Verduideliking |
Ampère | A | Die hoeveelheid elektriese stroom |
Coulomb | C | Die hoeveelheid elektriese lading wat gestoor kan word |
Direkte stroom(“direct current”) | DC | Stroomrigting bly dieselfde en in een rigting |
Alternerende stroom(“Alternate current”) | AC | Stroomrigting wissel |
Potensiaalverskil | PV | Druk op elektrisiteit wat een volt lewer |
Volt | V | Standaardeenheid van meting van die drukkrag in elektrisiteit |
Watt | W | Standaardeenheid van elektriese krag |
Opdrag 2:
Die bydraes van wetenskaplikes deur die eeue het baie bygedra tot ons begrip van en die ontwerp van toestelle wat vandag ons lewe vergemaklik.
Van die belangrikes wat die leerders moet ondersoek, is:
- Benjamin Franklin:
- (1706-1790)
- In 1752 vlieg hy ‘n vlieër met ‘n metaalsleutel tydens ‘n donderstorm. Hy sien vonke spat en besef dat weerlig elektrisiteit dra.
- Hy het aanvanklik gereken elektrisiteit is ‘n wondervloeistof.
- Nicola Tesla:
- (1856-1943)
- Hy het die wisselstroom-idee geskep en, die Tesla-winding ontwerp wat groot transformasies en voltladings kon dra. Dis in radio-tegnologie gebruik.
- Alessandro Volta:
- (1745-1827)
- In 1800 ontdek hy dat twee metale geskei kon word deur elektrisiteit
- deur chemiese vloeistowwe te stuur. Dit was die eerste elektriese selle. Hy’t selle bymekaar gesit en die eerste battery geproduseer.
- Georg Simon Ohm:
- Hy bewys dat alle geleiers, selfs metale, weerstand bied teen elektriese stroom.
- André Marie Ampère:
- (1775-1830)
- Hy het die elektromagnetiese effek ontdek. Hy’t ook die idee van ‘n solenoïed ontdek.
- Charles Coulomb:
- (1736-1806)
- Ontdek ladings en kragte wat aantrek en afstoot by magnete.