Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Opvoeders afdeling
Memorandum
1.
1.1 8 366
1.2 7 452
1.3 8 664
1.4 9 548
2.
2.1 6 750
2.2 8 260
2.3 3 516
2.4 9 379
3.
3.1<
3.2<
3.3<
3.4<
Vrae op pp. 11-12
1. 46
2. 26
3. 39 337
4. 5 000 I)
5. 4 072 j)
6. 4 440
7. 7 739
8. =
9. 14; 5
10. 1 000; 8
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om getalle te herken en met mekaar te vergelyk [lu 1.3]
Om korrek te kan bereken [lu 1.8]
MEER OF MINDER?
1. As jy weet waar die tiene en honderde in ‘n getal is (plekwaarde), is dit maklik om met 10 of 100 op te tel (meer as) of af te trek (minder as). Kyk of jy dadelik die antwoord kan neerskryf. Watter getal is:
1.1 10 meer as 8 356?_____________________________________________
1.2 10 minder as 7 462? ______________________________________________
1.3 100 meer as 8 564? ____________________________________________
1.4 100 minder as 9 648? _____________________________________________
2. In hierdie aktiwiteit moet jy die vraag baie goed lees en jou antwoord met die gegewe getal vergelyk om seker te maak of jy korrek gewerk het.
2.1 6 740 is 10 minder as _____________________________________________
- 8 360 is 100 meer as ____________________________________________
2.3 3 526 is 10 meer as _____________________________________________
2.4 9 279 is 100 minder as___________________________________________
Let op: “minder as” beteken nou “tel op” om die antwoord te kry, en “meer as” beteken “trek af” om die antwoord te bereken!
Vergelyking en Rangskikking
Onthou jy nog?
>beteken "groter as"<beteken "kleiner as" = beteken “is gelyk aan/ewe groot”
3. Ons kan van die Wiskundige simbole<;>en = gebruik maak wanneer ons antwoorde met mekaar vergelyk. Dit is belangrik dat jy die antwoorde korrek sal bereken, anders is die simbool verkeerd! Bereken nou die antwoord waar nodig, vergelyk die antwoord links van die met dié regs van die en vul dan in:<;>of =:
3.1 (5 × 6) + 9 * 41
3.2 8 921 * 9 821
3.3 2 356 * 2 000 + 500 + 30 + 6
3.4 4 000 + 200 + 50 + 7 * 4 275
RET MET DIE SAKREKENAAR!
Werk saam met ’n maat. Julle benodig een sakrekenaar.
- Speler A sleutel enige 4-syfer getal op die sakrekenaar in, bv. 4 986.
- Speler B "skiet" nou enige van die syfers af deur van aftrekking gebruik te maak, bv. 4 986 - 80 = 4 906.
- Maak nou beurte om die syfers af te "skiet". Die wenner is die speler wat 0 op die vertoonskerm kry.
ASSESSEER JOUSELF VOORDAT JY VOORTGAAN!
Voltooi die volgende deur die toepaslike blokkie te merk:
Glad nie | Redelik goed | Goed | Uit-stekend | |
|
||||
|
||||
|
10
K om ons kyk hoe vorder jy!
- Kan jy die volgende vrae korrek beantwoord?
1. Hoeveel honderde is daar in 4 600?__________________________________
2. Hoeveel duisende is daar in 26 000? _________________________________
3. Omkring al die onewe getalle in die volgende:
14 ; 39 ; 128 ; 337 ; 4 000
4. Wat is die waarde van die 5 in 5 713?_________________________________
5. Watter getal word deur die volgende diagram voorgestel?
6. Omkring die grootste getal:
4 040 ; 4 404 ; 4 440 ; 4 004
7. Watter getal is 100 meer as 7 639?_______________________________
8. Vul in>;<of = :
40 + 200 + 3 000 + 6 ____________________ 3 246
9. Voltooi die patroon:
41 ; 32 ; 23 __________________ ; __________________
10. Voltooi:
2 386 = (2 × _________) + (3 × 100) + (_________ × 10) + (6 × 1)
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalle herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
1.3.1 heelgetalle tot minstens 6-syfergetalle;
1.3.6 veelvoude van enkelsyfergetalle tot minstens 100;
1.3.7 faktore van minstens enige 2-syferheelgetal.
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme te gebruik:
1.8.1 afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000;
1.8.2 optel en aftrek van heelgetalle met minstens 5 syfers.