Natuurwetenskappe
Graad 9
Lewensprosesse
Module 3
Voeding en gesondheid
In alle wêrelddele is daar mense wat nie gesond is nie as gevolg van verkeerde voeding.
Wanvoeding sluit in te veel of te min voedsel wat lei tot voedingsiektes. Dit kan verdeel word in ondervoeding en oorvoeding .
Ondervoeding :
Te min voedingstowwe, bv. anorexia nervosa of bulimia .
Te min proteïne, bv. kwashiorkor .
Te min vitamiene, bv. skeurbuik en beri-beri .
Oorvoeding:
Te veel van sekere voedingstowwe, bv. vetsug .
Klasaktiwiteit: plakkaat
- Versamel inligting oor verskeie voedingsiektes – verdeel in groepe en maak 'n plakkaat om sekere siektes aan die klas te verduidelik.
- Die klas moet ‘n tabel skep en voltooi met die volgende hofies:
- Naam van siekte
- Tekort aan
- Simptome
- Weefsels geaffekteer
- Die siektes is soos volg:
- Skeurbuik
- Beri-beri
- Ragitis
- Pellagra
- Kwashiorkor
- Bloedarmoede
Bespreking oor GESONDE DIEET
- Bespreek verskillende aspekte van 'n gesonde dieet.
- Noem ten minste vyf dinge wat jy moet doen om 'n gesonde dieet te handhaaf.
Assessering: KLASBESPREKING EN PLAKKAAT
Kon jy inligting voorsien en dit gebruik om tabel, plakkaat en vraag te voltooi?
[LU 2.1, 2.2]
Assessering
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.