Natuurwetenskappe
Lewe en lewenswyse
Opvoeders afdeling
Memorandum
1. Ewe dik: ja nee
Ewe lank: ja nee
Hoofwortel nee ja
Vertakkings nee ja
2. Penwortels: Bome en struike, sommige kruide, rankplante. Lewe langer as ‘n jaar, word groot (moet anker) en/of moet water diep uit grond haal.
Bywortels: Grondbedekkers en plante wat net ‘n jaar oud word. Neem elke bietjie water op soos bv. dou. Hoef nie so diep vas te anker om regop te kan bly nie.
Diagram: Bywortels, penwortels, eensaadlobbiges, tweesaadlobbiges
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die wortelstelsels van plante te bestudeer [lu 1.2; lu 2.1, lu 2.2, lu 2.3]
Planteverskeidenheid
Jy het in graad 6 reeds geleer dat plante se blare verskillende vorms kan hê omdat hulle vir bepaalde omgewingstoestande aangepas is en dat die plante volgens hulle blare in groepe verdeel kan word.
Kom ons kyk nou na die wortels van plante.
Bestudeer die voorstellings van twee soorte wortels hieronder (jy sal jou onderwyser bly maak as jy werklike voorbeelde van plante met dié twee soorte wortels saambring klas toe).
‘n Bywortelstelsel
‘n Penwortelstelsel
1. Probeer om die tabel te voltooi deur ja of nee in elke blokkie te skryf:
Bywortelstelsel | Penwortelstelsel | |
Al die wortels is ewe dik. | ||
Al die wortels is ewe lank. | ||
Daar is ‘n hoofwortel wat langer en dikker is as die ander. | ||
Die wortels vertak (kleiner wortels groei uit die groter wortels). |
2. Watter van die plante in die skets van ‘n ekosisteem (bladsy 3) dink jy sal penwortels hê en watter dink jy sal bywortels hê? Sê ook hoekom jy so dink.
__________________________________________________________________

Onthou jy nog die onderstaande indeling van plante wat jy in graad 6 gedoen het? Gebruik dit wat jy nou oor wortelstelsels geleer het om die indeling verder aan te vul deur die ontbrekende inligting in die oop blokkies te skryf (vra jou onderwyser om jou te help).
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken;
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite;
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kategoriseer: vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse;
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks).