This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

1.19 Om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Getalbegrip

Opvoeders afdeling

1.1 3 272 + 128 = 3 400

1 154 + 136 = 1 290

1 103 + 97 = 1 200

SOM = 5 890

1.2 138 + 622 = 760

259 + 11 011 = 11 270

235 + 25 = 4 260

SOM: = 16 290

2.1 Verkeerd: 640 + 360 + 5 + 2 – 2 = 1 005

2.2 Verkeerd: 2 500 + 360 = 2 880

KOPKRAPPER

1. 41 186 + 23 880 + 12 = 65 078

2. 758 817 + 100 + 118 200 – 4 = 875 113

Verskeie ander moontlikhede ook.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme op te los [lu 1.8.2]

Onthou jy nog?

Optelling is makliker wanneer ons getalle GROEPEER.

Kyk goed na die volgende voorbeeld:

37 + 28 + 12 + 16 + 13 + 44

As ons groepeer, lyk dit so: 37 + 13 = 50

28 + 12 = 40

44 + 16 = 60

SOM = 150

Het jy gesien? Ons groepeer die getalle so omdat ons tiene wil “volmaak”, want dis maklik om op te tel.

1. Groepeer nou die volgende getalle sodat jy makliker kan optel:

1.1 3 272 ; 1 154 ; 97 ; 128 ; 136 ; 1 103

_________________ + _________________ = _________________

_________________ + _________________ = _________________

_________________ + _________________ = _________________

SOM = _________________

1.2 138 ; 259 ; 4 235 ; 25 ; 11 011 ; 622

_________________ + _________________ = _________________

_________________ + _________________ = _________________

_________________ + _________________ = _________________

SOM = _________________

2. Werk saam met ’n maat en stel vas of die antwoorde van die volgende bewerkings korrek is. Indien nie, wys die fout uit.

2.1 638 + 367 = 640 + 360 – 5 = 995

2.2 2 496 + 364 = 2 600 + 360 = 2 960

Kopkrapper!

Jy moes die volgende voltooi met ’n sakrekenaar, maar jou sakrekenaar se 9 is stukkend! Hoe gaan jy die probleem oplos? Skryf alles neer wat jy sal insleutel en bereken die antwoord:

1. 41 186 + 23 892

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. 756 917 + 118 196

Tyd vir selfassessering!

Hoe het jy tot dusver gevaar? Gee vir ons ‘n aanduiding hoe jy voel oor die werk wat ons tot dusver afgehandel het. Maak net ‘n regmerkie in die toepaslike kolom:

Glad nie Redelik goed Goed Uitste-kend
Ek weet wat “som van” beteken. _______ _______ _______ _______
Ek kan die woord “inverse” verduidelik. _______ _______ _______ _______
Ek kan getalle groepeer om makliker op te tel. (LU1.8) _______ _______ _______ _______

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.2: optel en aftrek van heelgetalle.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.