Ekonomiese en bestuurswetenskappe
Graad 7
Ekonomiese beginsels
Module 2
Vraag en aanbod
D.wat beteken vraag en aanbod?
Voordat motors hul verskyning op die land se paaie gemaak het, het mense te perd gereis.
Veronderstel mense besluit dat hulle eerder met motors as met perde wil ry. Wat gebeur nou in die praktyk?
- Besluit die regering dat daar fabrieke wat motors vervaardig, in Uitenhage gebou moet word en dat werkers soontoe moet trek om in die fabrieke te werk?
- Word die perdetelers aangesê om minder perde te teel?
- Besluit die regering dat daar nou eerder katoen gekweek moet word waarmee die sitplekke van die motors opgestop word, en dat daar minder hooi vir perdevoer gekweek moet word?
Natuurlik het die regering niks van die aard gedoen nie. Die verbruikers het meer motors en minder perde gekoop. Wat gebeur nou?
- Met hoër winste in die motorbedryf, ontstaan daar meer fabrieke wat motors bou, en arbeiders op soek na werksgeleenthede, verhuis soontoe.
- Die prys van perde daal, en perdetelers wend hulle tot ander maniere om geld te maak.
- Minder hooi word vir perdevoer benodig, gevolglik daal die prys van hooi en ander gewasse moet aangeplant word.
- Terselfdertyd neem die aanvraag na grondstowwe soos staal, katoen en rubber toe vir die vervaardiging van motoronderdele. Die prys van hierdie kommoditeite styg en dit het tot gevolg dat meer ondernemings tot die vervaardigingsbedryf toetree.
- Uiteindelik het die aanvraag na perde in die vorige eeu met 90% afgeneem terwyl miljoene motors vervaardig is.
- Wat het hierdie rewolusie teweeg gebring? Dit het plaasgevind namate ‘n verandering in smaak en tegnologie deur die kragte van vraag en aanbod plaasgevind het.
- Soortgelyke veranderings vind deurentyd op ekonomiese gebied plaas namate die smaak van mense verander en produksiemetodes ontwikkel.
- “Vrye” en “Ekonomiese” goedere
Vrye goedere
Wanneer daar so baie van iets bestaan soos bv. seewate r en lug, kan ons soveel daarvan gebruik as wat ons wil sonder om daarvoor te betaal. Met ander woorde dit is gratis beskikbaar aan almal.
Ekonomiese goedere
Wanneer iets skaars is en die aanvraag daarvoor groot is, moet ons daarvoor betaal. Sulke goed is nie altyd volop nie, en hoe minder daarvan beskikbaar is, hoe meer moet ons daarvoor betaal.
As alles wat ons wil hê, volop is, en die pryse daarvan laag is, sal almal ‘n welvarende lewe lei, en sal niemand bekommerd wees oor die verspreiding van inkomste tussen mense nie. Almal sal kan hê soveel as wat hulle wil. In so ‘n samelewing van welvaart sal daar nie ekonomiese goedere wees nie.
Aktiwiteit 1:
Om onderskeid te tref tussen behoeftes en begeertes
[lu 1.1]
- Wat is die verskil tussen behoeftes en begeertes ? Bespreek.
- Skryf die volgende items neer in die gepaste kolom:
CD’s, fiets, ski-vakansie, swembad, iPod, mediese dienste, selfoon, broodmeel, skoon lug, suiwer water, steenkool, petrol, rekenaarspeletjies
Behoeftes | Begeertes |
Veels te veel platskerm-televisies
Skielik is daar ‘n oorskot aan supergevorderde platskerm lcd-televisies. Of liewer, daar is veel meer op die winkelrakke as wat verbruikers wil koop. Wêreldmarkleiers Samsung en LG Philips het die vraag na plat beeldskerms hewig oorskat toe hulle die afgelope paar jaar tientalle miljarde rande in nuwe fabrieke belê het.