This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Kuns en kultuur
Graad 6
Persoonlike en sosiale vaardighede
Module 2
Om ‘n kanon te sing
MUSIEK
Aktiwiteit 1:
Om ‘n kanon te sing
[lu 3.5]
STAP 1
- Hier volg die notasie van die kanon Viva la Musica .
- Gee ‘n grafiese voorstelling van die melodie van al drie frases:
Frase 1 | |
Frase 2 | |
Frase 3 |
STAP 2
- Kies die regte beskrywing t.o.v. van die melodie:
Frase 1 | Het ‘n sprong | Beweeg hoofsaaklik trapsgewys | ||
Frase 2 | Het ‘n sprong | Beweeg hoofsaaklik trapsgewys | ||
Frase 3 | Het ‘n sprong | Beweeg hoofsaaklik trapsgewys |
- Kies die regte beskrywing t.o.v. van die ritme:
Frase 1 | Voortstuwend | Minder beweging en sinkopasie | Herhaling van vorige frase | |||
Frase 2 | Voortstuwend | Minder beweging en sinkopasie | Herhaling van vorige frase | |||
Frase 3 | Voortstuwend | Minder beweging en sinkopasie | Herhaling van vorige frase |
STAPPE 3 en 4
- Verdeel in groepe en volg Juffrou se instruksies.
- Die klankkleur verander deurdat harmonie gevorm word. Dieselfde harmonie word deurgaans gebruik.
Kies die woord wat die beste pas: | ||
HARMONIE | RITME | MELODIE |
Hoe lank of kort die note is | ||
Die wysie | ||
Die saamklink van note |
Aktiwiteit 2:
Om ‘n twee-stemmige lied te sing en warm en koue klanke te produseer
[lu 3.5]
Stap 1
- Hier volg ‘n tradisionele Zulu-kinderlied: Siyanibingelela (Ons groet julle).
Stap 2
- Verdeel in twee groepe (warm en koud) en volg Juffrou se instruksies om die lied twee-stemmig te kan sing.
Stap 3
- Probeer die volgende en luister goed na die verskil:
KOUD | WARM |
Klap met plat hande | Klap met geronde hande |
Skud blikkie met klippies | Plaas jou hand bo-op die blikkie en skud dan |
Slaan ‘n hangende driehoek met ‘n metaalstokkie | Hou die driehoek in die hand en slaan dan met die stokkie daarop |
Klap jou tande op mekaar - oopmond | Klap jou tande op mekaar – toemond |
Helder, skerp oopklanke | Dowwe geslote klanke(meer resonant) |
Voeg nog voorbeelde by , m.a.w. twee verskillende klanke op dieselfde instrument.
STAP 4
- Volg Juffrou se instruksies en voer die lied uit met ‘n “instrumentale” tussenspel.
Aktiwiteit 3:
Om twee verskillende liedere te kombineer en te sing as ‘n twee-stemmige lied
[lu 3.5]
STAP 1
- Hier volg twee liedere, een Afrikaans en een Engels!
Dié twee liedere se karakter verskil – albei klink verskillend. Hoekom?
- My persoonlike opinie: (Kies geskikte beskrywing)
Kleure | meer ritmies | meer melodies |
Kleure | manlik | vroulik |
John Brown | meer ritmies | meer melodies |
John Brown | manlik | vroulik |
STAP 2
Verdeel in twee groepe bv. dogters (vroulik en melodies) en seuns(manlik en ritmies).
- Dogters sing Kleure en onmiddellik daarna volg seuns met John Brown.
- Ons gaan nou die twee liedere kombineer. Lees ? op ‘n fluisterstem deur in die twee groepe – volg die polsslag wat Juffrou aangee
STAP 3
- Sing die lied twee-stemmig! Wanneer twee liedere saamgesing word kry ons ‘n nuwe lied. Sekere elemente van die musiek moet egter dieselfde wees.
Stap 4
- Juffrou sal nou ‘n begeleiding byvoeg. Kan jy hoor dat dieselfde akkoorde gebruik word, anders sal dit verkeerd klink!
Stap 5
- Sing nou ? op la-la of ander klanke.
STAP 6
- Probeer die Skoollied of Nkosi Sikilel'i Africa en John Brown saam!
Dit klink nie goed nie!
Hoekom nie?
. Voltooi die volgende kontrolelys: | JA | NEE |
Ek kan John Brown sing | ||
Ek kan Kleure sing | ||
Ek kan saam met my groep sing | ||
Ek kan die tempo hou |
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.6 hieronder, die volgende toon: |
|
|
|
MUSIEK (3.5) |
|
Read also:
OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.