Kuns en kultuur
Graad 8
Persoonlike en sosiale vaardighede
Module 2
Musiek beeld emosie uit
Aktiwiteit 1 (Individueel en groep)
1. Musiek beeld emosie uit met behulp van woorde
Luister na die lied.
2. Musiek beeld emosie uit deur die musiek self
Lees I Want to be Happy deur en beantwoord die vrae:
- Watter emosie word hier uitgebeeld?
- Watter kleur word hier verbind met “ongelukkigheid”?
- Watter akkoord word gebruik om “ongelukkigheid” te beskryf in musiek?Majeur of mineur? Juffrou kan die twee verskillende akkoorde op die klavier demonstreer).
- Kan ek self besluit hoe ek voel?
- Watter faktore beïnvloed emosie?
- Het ek ‘n invloed op ander mense se gemoedstoestand? Motiveer.
- Sing die lied.
- Lees die volgende gedeelte van Close Every Door uit die musiekblyspel Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat. Juffrou kan die melodie voorspeel en julle kan dit sing.
Watter tipe emosie wek hierdie lied?
Hier volg ‘n “foutiewe” weergawe van dieselfde lied ten opsigte van die musiek.Juffrou kan dit voorspeel, terwyl julle dit sing.
Wat is die verskil?
In die eerste voorbeeld klink die musiek “meer hartseer” (negatiewe emosie) aangesien dit in ‘n mineur toonsoort is.Wanneer die musiek in ‘n majeur toonsoort is, is dit vroliker (positiewe emosie).
Onderstreep die korrekte antwoord:
Met verwysing na “Only Hope”, waar hoop uitgebeeld word, behoort die lied in ‘n majeur / mineur toonsoort te wees.
- Sing weer I Want to be Happy en Close every Door .Noem die verskille in hierdie twee liedere.
Aktiwiteit 2
Die musiekblyspel District Six van David Kramer en Taliep Petersen kan beskou word as volksbesit! Dit is vir die eerste keer in 1987 uitgevoer. Dit handel oor die geskiedenis van die woonbuurt Distrik Ses, geleë in die Bo-Kaap. Hierdie veelrasssige buurt het aanvanklik Kleurlinge, Indiërs, swart- en witmense gehuisves. Toe dit as wit area verklaar is in 1966 is almal wat daar gewoon het geforseer om uit te beweeg. Namate die mense uit die huise getrek het, het stootskrapers alles plat gestoot. Lees gerus meer oor hierdie woonbuurt wat reeds in ±1867 ontstaan het en lê dit voor aan die klas.
Dié musiekblyspel beskryf die mense en gebeure van Distrik Ses.Hier volg gedeeltes van lirieke uit hierdie musiekblyspel. Lees dit deur, luister na opnames en voltooi dan die vraelys:
- ‘n Musiekblyspel is ‘n toneelstuk waarin die mens in sy kleinheid, dwaasheid en ydelheid m.b.v. musiek uitgebeeld word(komedie) Dit sluit in toneelspel, musiek en sang, danse, dekor en kostuums.
My Broertjie my Bra’ uit die musiekblyspel DISTRICT SIX (David Kramer)
Hierdie lied is die verhaal van ‘n 9-jarige koerantverkopertjie wat op sy eie oor die weg moet kom – hy het nie ‘n huis en ouers nie en besteel ander om ‘n bestaan te voer.
New Year!
Hierdie lied is ‘n tipiese weergawe van die Kaapse Klopse wat altyd die Nuwejaar se vrolikheid in Kaapstad vooruitloop – letterlik en figuurlik. Hierdie optogte word gekenmerk deur die kleurvolle blink klere, dans en sang. Die instrumente wat tradisioneel gebruik word is ghitare, banjo’s, tamboeryne ens.
- Luister na die twee liedere en vergelyk dit ten opsigte van die volgende:
- Maak ook gebruik van die volgende terme: warm en koue klankkleur, lig en donker, trapsgewys, spronge, legato, staccato, dig en minder dig (yl), forte, piano, ens.EmosieLiriekeMaatsoortTempoMelodie InstrumentasieStemmeBegeleidingTimbreTekstuurDinamiekToonsoort
- Die klas verdeel in twee groepe. Almal doen navorsing oor die agtergrond van die musiekblyspel District Six (Dit sluit in die woonbuurt as sulks en die geskiedenis omtrent Distrik Ses).Elke groep bespreek dan een van die liedere ten opsigte van die volgende stellings:
- Die musiek weerspieël die karakter van die lirieke.
- David Kramer en Taliep Petersen slaag daarin om emosie, atmosfeer en effek te verkry.
- Die lied dra by tot die algemene beskrywing van Distrik Ses.
- Luister ook na uittreksels uit ander musiekblyspele bv. Kat and the Kings , Fairyland (Kramer en Petersen); Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat en Cats van Andrew Lloyd Webber asook Grease , ens. (Heelparty is ook in filmformaat).
- Maak ‘n lys van liedere wat jy ken (of uit genoemde musiekblyspele) wat spesifieke emosies uitbeeld soos bv. woede, verlange, vrees, ens.
|
||
Ek kan vrolik wees. | JA | NEE |
Ek kan opgewonde wees. | JA | NEE |
Ek kan verbaas wees. | JA | NEE |
Ek kan hartseer wees. | JA | NEE |
Ek kan bang wees. | JA | NEE |
Ek kan kalm wees. | JA | NEE |
LU 3.6 | ||||
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
deelname en samewerkingDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ALGEMEENtov 3.1 – 3.3 hieronder, die volgende toon: |
3.1 entrepreneursvaardighede deur saam te werk om kunswerke te bemark beoefen; |
3.2 tydsduur en selfdissipline toepas om by sperdatums te hou; |
3.3 opleiding en loopbane op die gebied van kuns en kultuur (gebaseer op navorsing en terreinbesoeke) verken en bespreek; |
3.4 werk saam met:3.4.1 interdissiplinêre aanbiedings te organiseer en doeltreffende organisasievermoëns en –vaardighede rondom beplanning, bestuur en bemarking te toon; |
3.4.2 take en verantwoordelikhede doeltreffend te deel, bv. deur verskillende rolle in groepprojekte te speel; |
VISUELE KUNS3.8 navorsing oor die kunste kan doen en dit met ander deel; |
MUSIEK3.7 navorsing oor die emosionele aspekte van musiek kan toon; |