Sosiale wetenskappe: geskiedenis
Graad 5
Ontdek die verhaal van jou provinsie
Module 2
Jou provinsie se verlede: sketse en diagramme
Hoe sketse en diagramme jou kan help om jou provinsie se verlede beter te verstaan
AGTERGROND VIR JOU!
Omtrent 2 000 jaar gelede het die Khoina, wat veral veeherders was, hier aangekom uit die noorde. Hulle het in gebiede gebly waar hulle kon jag en plantvoedsel versamel en waar veral genoeg weiding vir hul skape en beeste was. Hulle het in groot groepe gebly en moes dikwels rondtrek. Daarom het hulle min besittings gehad. Hutte is gebou van gebuigde latte met rietmatte bo-oor. Buite-om was 'n omheining. Hulle het beesmis en bloed op die vloere gesmeer en op biesiematte geslaap. Potte en melkemmers is so ontwerp dat dit oor die diere se rûe vasgemaak kon word.
AKTIWITEIT
OM SKETSE EN DIAGRAMME TE GEBRUIK OM DIE VERLEDE BETER TE VERKEN
LU 1.2
Bestudeer meegaande bronne en beantwoord dan die vrae wat volg:
BRON A
BRON B
Die Khoina het die volgende voorwerpe uit die omgewing gebruik om aan die lewe te bly.
(a) Weet jy waarvan hulle die volgende voorwerpe gemaak het? Kies gerus uit meegaande lys.
hutte | stamme, riete, klei, velle | |
klere | ||
halssnoere | ||
wapens | ||
pype | ||
houers | ||
potte | ||
skoeisel |
Wat is die verband?
Watter kruie gebruik julle in die kombuis?
NEDERLANDSE BOERE
Soos julle reeds weet, het die V.O.C. 'n sterk handelsmaatskappy geword. Baie van hul skepe het vanaf Europa na die Ooste gevaar. In 1652 word Jan van Riebeeck gestuur om met 'n halfwegstasie aan die Kaap te begin.
In 1657 het hy toestemming aan die eerste nege boere (vryburgers) gegee om te begin boer op klein plasies. Die V.O.C. wou genoeg vrugte, groente en graan aan die skepe lewer, en sodoende ook hul uitgawes verminder. Die V.O.C. het die vryburgers se produkte teen vasgestelde pryse gekoop. Soos die vryburgers vermeerder het, het hulle ook by ander landboubedrywighede betrokke geraak.
(b) Bestudeer onderstaande statistiek oor die boerderybedrywighede van die vryburgers. Sê dan of die bewerings daaroor waar of onwaar is. Indien onwaar, verskaf die korrekte feite.
JAAR | BEESTE | SKAPE | WYN (LÊERS) | KORING (MND) |
1711 | 20 743 | 116 256 | 1 094 | 20 526 |
1713 | 16 557 | 120 208 | 1 617 | 12 360 |
1783 | 62 762 | 310 904 | 3 239 | 14 983 |
1788 | 80 921 | 445 557 | 7 186 | 22 280 |
1795 | 71 664 | 418 817 | 6 271 | 32 936 |
Verwerk uit : H.J. van Aswegen, Geskiedenis van S.A. tot 1854 , p. 93.
1. In 1713 het koringboere oorgeskakel na veeboerdery.
2. Die afname in graanproduksie van 1711 na 1713 was te wyte aan droogtes, ontydige reëns of siektes.
3. Vanaf 1788 moes die regering koring invoer weens 'n tekort.
In 1780, toe daar omtrent 10 500 Vryburgers was, het die V.O.C. die gebied tot by die Oranjerivier in die noorde en die Visrivier in die ooste beheer.
Graan-, wyn- en veeboere het daartoe bygedra dat die noord - en oosgrens verder verskuif het. Die graanboere het hul grond om die beurt beplant en 'n jaar lank laat braak lê. Die swaar ploeg is deur osse gesleep. Vanaf Desember is graan geoes, in klein bondels gebind en opgestapel. Daar is van soggens vroeg tot saans laat gewerk. Gewoonlik het die suidoostewind gehelp dat graan gedors is. Daarna is die graan skoongemaak, uitgemeet, in sakke gesit en dadelik dorp toe of na 'n meulenaar gestuur.
(c) Ontwerp nou jou eie advertensie vir werkers op jou koringplaas.
Die gesinne was meestal groot. Op die plase was ook bywoners, meestal Khoina-bediendes. Ryker boere het slawe besit. Die vrouens het die kinders opgevoed (soms skoolgehou) en moes kos voorberei. Die mans het meestal te perd vee versorg of gejag. Hulle het hul eie droëvrugte, botter en seep gemaak en velle gelooi. Koffie, tee, suiker, gewere, buskruit en lood was baie skaars en is gewoonlik by rondreisende smouse gekoop. (Onthou: 'n reis na Kaapstad het omtrent drie maande geduur!)
(d) GROEPWERK VIR JULLE!
Verdeel in groepe. Bestudeer die onderstaande sketse. Elke groeplid kry nou geleentheid om ‘n vraag oor ‘n skets te stel wat die ander groeplede dan probeer beantwoord. Dit mag net nie ‘n ja/nee vraag wees nie. Die groepleier kan die vrae wat jul nie kan beantwoord nie, neerskryf sodat ons dit later aan die hele klas kan stel.
(e) Ontwerp jou eie strokiesprent om 'n dag in die lewe van 'n veeboergesin te beskryf.
Assessering
LU 1
GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
- met leiding bronne kies wat nuttige inligting oor die verlede bevat;
1.2 met bronne werk:
- inligting uit ‘n verskeidenheid van bronne opteken en kategoriseer;
1.3 vrae beantwoord:
- volhou om inligting uit bronne te gebruik om vrae te beantwoord oor mense, gebeure, artefakte uit die verlede.
Memorandum
Aktiwiteit
a) | KlereHalssnoerWapensPypHouers, potteSkoeisel | Vel, riete en gras (hoede, mandjies)Sade, velsakkies met klippe in (rafels), skulpe, riet, horingBeen, klip, takke, gif (papie van kewer) slang, leer, kierie, wippeHoutLeersakke, skilpaddoppeDierevelle (gebrei) |
b)
- Onwaar, dit was slegs ‘n swak oes
- Waar
- Onwaar, daar was ‘n toename