Wiskunde
Word slim met syfers
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Module 1
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste | Bladsyverwysings |
KU 1 | 4, 5, 8, 15 |
KU 3 | 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19 |
KU 4 | 4, 21 |
KU 7 | 11, 12, 13, 16, 17, 20 |
KU 8 | 4 |
- INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
- MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
- INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: vorms - reghoeke [lu 3.1, lu 3.5, lu 3.6, lu 2.1]
Miemie Muis
Hierdie kartondoos het kante.
Miemie Muis staan voor die kartondoos.
Sy kyk na hierdie kant van die kartondoos.
Trek met jou vinger om hierdie kant.
- Teken hierdie kant.
een kant
Miemie hardloop om die kartondoos na die volgende kant.
Sy kyk na hierdie kant van die kartondoos.
Trek met jou vinger om hierdie kant.
- Teken hierdie kant.
een kant
Miemie hardloop na die volgende kant.
Sy staan agter die kartondoos.
Sy kyk na hierdie kant van die kartondoos.
Trek met jou vinger om hierdie kant.
- Teken hierdie kant.
een kant
Miemie hardloop om die kartondoos na die volgende kant.
Sy kyk na hierdie kant van die kartondoos.
Trek met jou vinger om hierdie kant.
- Teken hierdie kant.
een kant
Nou spring Miemie binne-in die kartondoos.
Sy hardloop op die bodem van hoek tot hoek.
Trek met jou vinger om hierdie kant.
- Teken hierdie kant.
een kant
Miemie spring bo-op die kartondoos.
Sy hardloop om die deksel van hoek tot hoek.
Trek met jou vinger om hierdie kant.
- Teken hierdie kant.
een kant
Miemie het nou elke kant van hierdie kartondoos bekyk.
- Tel die kante.
Daar is ses kante.
So lyk hulle:
- Wat is eenders aan almal?
- Hoeveel hoeke het elke kant?
- Hoeveel sye het elke kant?
- Hierdie vorms word reghoeke genoem.
- ‘n Reghoek het vier reguit kante.
- Twee daarvan is lank en twee is kort.
- ‘n Reghoek het vier hoeke.
- Teken ‘n reghoek in die lug met jou vinger.
LU 3.1 | |
LU 3.5 | |
LU 3.6 |
bokant
agterkant
sykant
sykant
voorkant
onderkant
LU 3.1 | |
LU 3.5 | |
LU 3.6 |
- Kan jy enige kante sien wat reghoekig is?
- Kleur hulle in.
- Voltooi die patrone.
LU 2.1 | LU 3.1 |
- Reghoeke om in te kleur:
- Knip prente uit van dinge met kante wat soos reghoeke lyk. Plak hulle hier.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.1: Die leerder is in staat om eenvoudige patrone kopieer en uitbrei deur fisiese voorwerpe en tegnieke te gebruik (bv. deur kleur en vorms te gebruik).
Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.1: Die leerder is in staat om tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente herken, identifiseer en benoem;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder een driedimensionele voorwerp in verhouding tot ‘n ander beskryf (bv. “voor” of “agter”).
Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder rigtingaanwysings volg (alleen en/of as lid van ‘n groep of span) om self binne die klaskamer te verplaas of te posisioneer of om driedimensionele voorwerpe in verhouding tot mekaar te posisioneer.