Aardrykskunde
Graad 4
Voedselproduksie
Module 25
Die visbedryf
As jy na die kaarte van Suid-Afrika kyk, sien jy dat ons land aan drie kante met see omring is. Suid-Afrika het ‘n baie lang kuslyn, van Alexanderbaai in die noordweste tot by Kosibaai aan die noordoostelike kus van Kwazulu-Natal. Baie mense in Suid-Afrika maak dan ook ‘n bestaan uit visvangs.
VISVANGGEBIEDE IN Suid-Afrika
- Groter visse soos snoek en kabeljou word met handlyne van bote af gevang, terwyl ander diepseesoorte soos sardyne en stokvis met nette wat agter die bote gesleep word, gevang word.
- Die see is ‘n baie groot bron van voedsel en byna 30 000 mense maak jaarlik ‘n bestaan uit die visbedryf van Suid-Afrika. Baie mense beoefen ook vissery as sport. Behalwe vir die seewatervisse is daar ook kleiner hoeveelhede vars visse wat daagliks in heerlike geregte op ons tafels verskyn.
Kan jy drie redes in hierdie twee paragrawe vind waarom die visbedryf belangrik is vir ons land?
Aktiwiteit 1
Om soveel voorbeelde moontlik in die volgende tabel in te vul [lu 1.2]
Vis as Voedsel | ||
Seewatervisse | Varswatervisse | |
Aktiwiteit 2: Om ‘n vloeidiagram oor die prosesse in die produksie van vis te voltooi [LU 1.1] | ||
|
Prosesse in die produksie van vis
(vloeidiagram)
Assessering
Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
1.1 inligting uit verskillende bronne identifiseer (kaarte) [vind bronne];
1.2 inligting uit bronne onder hofies organiseer.
Memorandum
Die prosesse in die produksie van vis
- Vis word gevang deur verskillende metodes bv. treknette; handlyne.
- Vis word geweeg, skoongemaak en verkoop.
- Vis word na fabrieke (industrieë) vervoer waar dit verwerk word.
- Vis word verwerk tot produkte soos visolie; viskoekies; visvingers; vars vis vir bak of braai.