Aardrykskunde
Graad 4
Voedselproduksie
Module 26
Toegang tot voedsel
Het jy al ooit iemand met so ‘n plakkaat gesien?
Ja, in Suid-Afrika is daar baie mense wat van dag tot dag nie genoeg voedsel het om te eet nie.
Aktiwiteit 1
Om ‘n lys te maak van moontlike redes waarom mense nie genoeg voedsel het om te eet nie [lu 3.1, 3.2, 3.3]
Voer ‘n deeglike gesprek in groepe en stel dan ‘n lys op van moontlike redes waarom mense nie genoeg voedsel het om te eet nie.
.......................................................................................................................

Met jul opvoeder se hulp kan die verskillende groepe nou die redes konsolideer in een lys en moontlike voorstelle maak oor hoe die probleem van ‘n gebrek aan toegang tot voedsel aangespreek kan word. Indien daar voedselbehoeftes in jul onmiddellike omgewing is, kan julle graad / skool self aan maniere dink om betrokke te raak by projekte wat hierdie probleem aanspreek.
Assessering
Leeruitkoms 3: verkenning van vraagstukke
Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
- aangeleenthede identifiseer wat geassosieer word met hulpbronne en dienste in ‘n spesifieke konteks [identifiseer die vraagstuk];
3.2 faktore identifiseer wat veroorsaak dat sommige mense in ‘n spesifieke konteks groter toegang tot hulpbronne het as ander [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.3 voorstelle maak oor hoe toegang tot hulpbronne in ‘n spesifieke konteks verbeter kan word.
Memorandum
Moontlike redes waarom mense nie genoeg voedsel het om te eet nie
- Geen werk
- Geen inkomste
- Woon ver van dienste
- Swak vervoer
- Geen verkoelingsfasiliteite