This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

4.2 Maak jou eie gelamineerde armband

Tegnologie

Graad 7

Strukture en kommunikasie

Module 21

Maak jou eie armband

opdrag:

Om jou eie armband te maak

LU/AS 2.2

Maak jou eie armband deur hout te buig

Benodigdhede:

  • ‘n tongspatel (die dokter gebruik dit om na jou mangels te kyk)
  • ‘n bak met warm water
  • ‘n skoon gevriesde plastiek koeldrankbottel
  • rekkies
  • plakkaatverf en kwaste
  • blinkertjies
  • deurskynende vernis

Metode:

  1. Week die tongspatel in warm water vir sowat ‘n uur totdat jy dit versigtig om ‘n gevriesde plastiek koeldrankbottel kan buig. Draai ‘n rekkie om die spatel om dit in posisie te hou. Laat dit so droog word.
  2. Verwyder die tongspatel van die bottel, verf dit met plakkaatverf en laat dit so droog word.
  3. Gom blinkertjies of ander versierings op die buitekant vas. Laat droog word.
  4. Bedek met deurskynende vernis.

Maak ‘n skets van voltooide artikel

Assessering

LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om eienskappe te verander of te verbeter (bv. sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid, smaak, volume, tekstuur
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.