This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Tegnologie
Graad 8
Strukture
Module 4
Basiese sketswerk
Aktiwiteit 1
Basiese Sketswerk
Fokustaak 1
Dit is maklik om te sê ek kan nie teken nie, maar sketse is al in die oertyd gebruik nog voor- dat mense kon skryf. Dit is waar dat party mense baie meer kunstig is as ander, maar selfs die beste kunstenaars het nie net gaan sit en begin skilder nie. Dit is dus belangrik dat jy jou tekenvaardigheid moet ontwikkel en metodes moet oefen ten einde sketswerk van hoë kwaliteit te kan lewer. Onthou dat sketswerk vryhand gedoen word.
‘n Paar wenke:
- Gebruik ‘n sagte potlood, bv. HB
- Hou die potlood ± 20 mm van die punt vas.
- Moenie jou hand op die papier laat rus terwyl jy teken nie.
- Hou die potlood teen ‘n hoek sodat jy die punt duidelik kan sien.
- Ontspan terwyl jy werk.
Probeer nou die volgende stappe:
- Trek ‘n aantal vertikale, horisontale en diagonale lyne onderskeidelik parallel met mekaar. Probeer fokus op die punt waarheen jy trek, terwyl jy die gewrig van jou tekenhand stilhou.
Vertikaal
Horisontaal
Diagonaal
- Sodra jy gemaklik is met die trek van lyne, kan jy horisontale en vertikale lyne trek om regte hoeke (90° grade) te vorm.
- Sodra jy die hoeke gemaklik kan trek, kan jy dit verder voltooi deur vierkante en reghoeke te skets. Dit is belangrik, aangesien vierkante en reghoeke baie as rame gebruik word waarbinne jy voorwerpe sal skets.
- Wanneer jy ‘n sirkel moet teken, kan jy eers liggies ‘n vierkant skets waarvan die sye gelyk is aan die deursnee van die sirkel. Deur die middel van die vier sye te merk, kry jy die vier raakpunte van die sirkel.
Wanneer jy ‘n ellips moet skets, kan jy ‘n reghoek gebruik as gids.
LU 2.1 | ||||
Assessering
LU 2 |
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
strukture:2.1 kennis en begrip van raamstrukture toon: |
|
Read also:
OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.