This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Heupopwarming
- Voorbereiding : staan regop – voete heupwydte van mekaar af – hande op jou heupe:
- isoleer jou heupe.
- moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie.
- hou bene en voete stil.
- Druk jou regterheup uit na die kant.
- Druk jou linkerheup uit na die kant.
- Herhaal agt keer.
- Roteer jou heupe van links na regs – volle sirkel (herhaal agt keer).
- Roteer jou heupe van regs na links – volle sirkel (herhaal agt keer).
Beenopwarming
- Stap op die plek in tyd met die musiek vir agt mate.
- Stap vorentoe vir vier mate.
- Stap agtertoe vir vier mate.
- Herhaal agt keer.
- Voeg beheerde armbewegings by soos uitgevoer in die armopwarming.
- Herhaal agt keer.
Quadricepsopwarming
- Bly op een plek en lig jou knieë om die beurt op en af.
- Herhaal agt keer:
- hou jou hande op jou heupe.
- hou jou maag in.
- hou jou liggaam regop.
Hampeesopwarming
- Tree na die regterkant – kyk vorentoe – lig linkerbeen op agter jou – buig jou knie.
- Tree na links – kyk vorentoe – lig jou regterbeen op agter jou – buig jou knie.
- Herhaal agt keer.
- Moenie vorentoe leun wanneer jy jou been agtertoe oplig nie.
- Hou jou liggaam te alle tye reguit.
Boudopwarming (Gluteus Maximus):
- Voorbereiding . Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs sye.
- Buig jou knieë – druk jou boude uit na agter en leen effens vorentoe – lig jou arms vorentoe op.
- Maak jou bene reguit.
- Herhaal agt keer.
- Maak seker dat jou knieë in lyn is met jou tone wanneer jy jou bene buig.
- Hou jou hakke op die vloer.
- Moenie jou rug krom maak nie – hou jou rug reguit wanneer jy vorentoe leun.
- Hou jou kop in lyn met jou ruggraat.
Spronge:
- Voorbereiding: druk met jou hele voet, veral jou hakke, op die vloer.
- Dit sal jou die krag gee om in die lug te spring.
- Strek jou bene en voete.
- Hou jou skouers oop en vierkantig.
- Hou jou liggaam regop.
- Gebruik elke spier in die sool van jou voet.
- Werk van die hakke deur na die tone.
- Wanneer jy land moet jou tone eerste die grond raak.
- Sit stadig jou voet geleidelik neer totdat jou hak die grond raak.
- Buig jou knieë wanneer jy land.
- Spring vanaf twee voete.
- Buig knieë voordat jy spring.
- Maak knieë reguit soos jy opspring.
- Kom af op altwee voete met gebuigde knieë.
- Spring vorentoe, agtertoe, links, regs.
- Spring op die maat van die musiek.
- Spring van een voet na die ander.
- Kombinasie:
- spring vier keer op altwee voete
- spring twee keer op die regtervoet
- spring twee keer op die linkervoet
- spring vorentoe op alternatiewe voete (vier keer)
- spring agtertoe op al twee voete (vier keer)
- herhaal kombinasie agt keer
Voetopwarming:
- Voorbereiding: staan met voete heupwydte van mekaar af – liggaam regop –arms langs sye.
- Lig jou hakke stadig en laat sak (herhaal agt keer).
- Lig jou tone – hakke op die vloer – en laat sak (herhaal agt keer).
- Kombineer toon- en hakoefeninge om die beurt agt keer.
- Hou liggaam regop te alle tye.
- Hou jou balans.
- Hou jou kop op en kyk vorentoe – moenie afkyk nie, anders gaan jy vorentoe val!
Assessering
LEERUITKOMS 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING
Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- by die voorbereiding van die liggaam, met die leiding van die opvoeder opwarmings- en vaardigheidsontwikkelingsbewegings kan uitvoer, met die klem op die veilige gebruik van die liggaam, byvoorbeeld:
- by buigings die knieë in lyn bokant die tone;
- artikulering van die voete (toon-hakskeen-buiging) en kniebuiging by landing na ‘n sprong;
- goeie houding deurgaans.
Read also:
OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.