Afrikaans huistaal
Van hier tot daar
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
- LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Themba en Thandi is baie opgewonde oor die lentedag-feesvieringe wat by die skool gehou gaan word. Almal word aangemoedig om blomme skool toe te bring. Daar word ‘n piekniek, hoedeparade, pannekoekfees, atletiekbyeenkoms en ‘n filmvertoning gehou.
Hierdie aktiwiteite leen hulself tot besprekings oor seisoene, die maak van lenteprente (Lewensoriëntering – Kuns), ‘n eie gedig te skryf, interessante toebroodjies en mariebeskuitjies te maak (Tegnologie), te praat oor gesonde kossoorte en springmielies te maak (Tegnologie).
- KLANKE EN WOORDBOU
-rg, -rm, -rp, -rf, -rs, -rt en -ts word in konteks aangeleer en leerders speel ‘n klankespeletjie om hierdie klanke te hersien.
- SKRIF
Die eerste vyf aaneenlopende skrifpatrone en die letters wat by elkeen pas, word aangeleer.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|||
|
|
|
|
Leerders afdeling
Inhoud
- Luister na die gedig.
- Lees die gedig vlot deur.
- Lees dit weer. Leer die gedig.
Die lente is hier.
Weg is die winter,
die lente is hier –
geen donder en blitse
O! wat ‘n plesier!
Die veld is oortrek
van blomme so mooi,
dis rooi, wit en goud
tussen klippies verstrooi.
Die skoenlappers fladder
heen en weer in die lug.
met vlerke gesprei
in die helder sonlig.
Die bye is besig
na die lang winterkou-
soek stuifmeel en nektar
vir heuning vir jou.
Die lente is hier
O! Wat ‘n plesier!
G.J.M.
LU 1.3 | LU 3.3 |
- Versier die vorige bladsy met lente-tekeninge.
- Vertel wat sê die digter in elke versie van die gedig.
- Wat is die hoofgedagte van die gedig?
- Soek in elke versie ‘n woord aan die einde van ‘n sin wat rym met die woord wat onderstreep is.
- Skryf nog ‘n woord wat rym met:
werk ................................................................
berg .................................................................
mark .................................................................
swerm ..............................................................
blom .................................................................
LU 3.2 | LU 3.4 |
Teken van die lente
- Lees en doen.
- Verdeel in klein groepies – elkeen met ‘n groepleier.
- Neem beurte om weer die gedig te lees.
- Die gedig vertel van al die dinge wat in die lente gesien kan word en wat in die lente in die natuur gebeur.
- Bespreek die tekens van die lente.
- Voltooi die diagram hieronder oor die tekens van die lente.
- Voeg enige ander tekens by waaraan jy of jou groep kan dink.