Natuurwetenskappe
Energie-oordrag en stelsel
Verskillende vorme van energie
Opvoeders afdeling
Memorandum
Lineaal
Voorbeeld (aanvaar ander logiese uiteensettings en beskrywings):
Lengte van deel van liniaal wat oorsteek | Spoed van vibrasie(frekwensie) | Klank(toonhoogte) |
5 cm | Baie vinnig | Harde hoë klank |
15 cm | Stadiger | Laer klank |
25 cm | Stadig | Sagte lae klank |
Klop op tafel: klank is harder as oor teen tafel druk.
In water: klank is sagter.
Vergelyking:
Tafel – hoë toonhoogte
Swembad/bad – laer toonhoogte
Tabel
Instrument | Hoe vibrasie ontstaan |
Bokskitaar | snaar vibreer |
Rammelaars | voorwerpe beweeg heen en weer, bots teen mekaar en teen wand van houer |
Simbale | metaal slaan teen mekaar |
Trompette | lippe veroorsaak vibrasies in lug (word versterk deur “buis”) |
Tromme | vel vibreer as daarop geslaan word |
Tromslaners | soos tromme |
enige korrekte voorbeelde is aanvaarbaar | |
Skraper | vibrasie ontstaan as skraper oor groef beweeg |
Opdrag 3:
Geraasbesoedeling
Enige 5 voorbeelde soos vragmotors/verkeer, konstruksie-masjiene, vliegtuie, harde musiek, grassnyers, (kinders wat raas?), ens.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om klankenergie as energievorm te kan bespreek [lu 1.2, lu 1.3]
- Klank word veroorsaak deur vibrerende voorwerpe. Klank stel ons in staat om met mekaar te kommunikeer wanneer ons praat en hoor.
- Die ontstaan van klank deur vibrasies
Probeer die volgende in jul groepe.
- Druk ‘n plastiekliniaal op ‘n tafel se rand vas, soos in die prent.
- Buig die punt van die liniaal afwaarts en laat dit los.
- Kyk na die vibrasie. Luister na die klank.
- Druk die liniaal verder af sodat die liniaal oor ‘n groter afstand vibreer. Jy het die trillingswydte van die liniaal vergroot. Watter verskil maak dit aan die klank?
- Verander die lengte van die liniaal wat oor die rand van die tafel uitsteek. Wat let jy op aan die spoed van die vibrasie (wat die frekwensie genoem word) namate die lengte verander? Wat let jy op aan die klank wat gemaak word?
- Besluit op ‘n manier om jou resultate in tabelvorm aan te teken
- Hoe hoor ons die vibrasies?
Plaas ‘n paar dominostene regop in ‘n ry, ongeveer driekwart van die lengte van ‘n dominosteentjie uit mekaar. Stoot die eerste domino om.
Soos in die geval van die domino’s, stoot die vibrerende liniaal of rekkie of enige ander vibrerende voorwerp lugdeeltjies. Wanneer die liniaal vibreer, druk dit die lugdeeltjies nader aan mekaar.
Daardie lugdeeltjies druk teen dié langs hulle, net soos die een domino die volgende een omstoot. Uiteindelik druk die lugdeeltjies langs jou oortrom teen die oortrom. Die lugdeeltjies laat jou oortrom vibreer, presies soos die liniaal vibreer. Dit is hoe ons die klank van die vibrerende liniaal hoor.
- Kan klank deur verskillende soorte materiale beweeg?
Ons sien daagliks die son skyn, maar kan nie die gasse waaruit die son bestaan, hoor ontplof nie. Dit behoort soos miljoene kernbomme wat ontplof te klink. Hoekom hoor ons dan niks? Die antwoord is eenvoudig! Klank kan net deur materie – vaste stowwe, vloeistowwe of gasse – beweeg.
Die aarde word deur ‘n atmosfeer omring wat sowat 100 km breed is en uit gasse bestaan.
Buite die aarde se atmosfeer is daar egter ‘n leë ruimte. Dit is ook die rede waarom ruimtereisigers met behulp van radio’s met mekaar moet praat.
Klop met jou vinger op ‘n tafel. Luister na die klank. Druk nou jou oor teen die tafel, tik weer en skryf neer wat jy uitvind.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
As jy weer swem of bad, plaas jou kop (of selfs net een oor) onder die water. Tik met jou vinger teen die swembad of bad se kant. Skryf neer wat jy uitvind.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
In watter geval het ons ‘n hoë toonhoogte en in watter geval het ons ‘n lae toonhoogte gehoor?
- Verbind die korrekte kombinasie:
klop op die tafel lae toonhoogte
klop teen die bad/swembad se kant hoë toonhoogte
As julle nou regtig groot pret wil hê, maak dan jul eie musiekinstrumente en bring ‘n orkes op die been.
Kyk na die volgende prente wat voorstel hoe jy self instrumente kan maak.
bokskitaar
|
rammelaars
|
simbale
|
trompette
|
tromme
|
tromslaners
|
skraper
|
Opdrag 3
Beskryf nou hoe die vibrasies wat klank veroorsaak in die geval van elkeen van die instrumente ontstaan.
Instrument | Hoe vibrasie ontstaan |
Bokskitaar | ______________________________________ |
Rammelaars | ______________________________________ |
Simbale | ______________________________________ |
Trompette | ______________________________________ |
Tromme | ______________________________________ |
Tromslaners | ______________________________________ |
Skraper | ______________________________________ |
(5)
- Geraasbesoedeling
Party klanke skep regtig vir ons probleme, meestal omdat dit te hard is. Indien die klank van so ‘n aard is, noem ons dit geraasbesoedeling.
Noem vyf voorbeelde van geraasbesoedeling.
1. __________________________________________________________________
2. __________________________________________________________________
3. __________________________________________________________________
4. __________________________________________________________________
5. __________________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.