Afrikaans huistaal
Graad 7
Module 5
Skryftekens en spelling
Opdrag 1:
Om die skryftekens korrek te gebruik
[lu 6.1.3]
Die afkappingsteken
- Besin (in groepe) waarom ego’s en skadu’s , sowel as die onderstaande woorde, met afkappingstekens geskryf word.
kano’s ; hoera’s ; Van Breda’tjie ; rabbi’tjie
Die oplossing is:
- Verklaar ook waarom woorde soos oumas, oupas, sofas en malvas nie met ‘n afkappingsteken geskryf word nie.
- Die meervouds- en verkleiningsvorme van EIENAME (vanne) wat op ‘n onuitgesproke e en s eindig, kry ‘n afkappingsteken.
- e byvoorbeeld Terblanche’e, Terblanche’ie
- s byvoorbeeld Marais’s, Marais’tjie
Hierdie reël geld wanneer die - e , en - s nie in die enkelvoud uitgespreek word nie.
- Die meervouds- en verkleiningsvorme van LETTERS kry ook ‘n afkappingsteken:
a | a’s | a’tjie |
k | ||
n | ||
t |
Opdrag 2:
Om skryftekens korrek te gebruik en vertroud te raak met kort- en langklanke
[lu 6.1.1]
Die deelteken en lettergrepe
- Verdeel die woord vroeë, in lettergrepe.
- Wat is dus die funksie van ‘n deelteken?
- Skryf nog vier woorde met deeltekens neer en verdeel hulle langsaan in lettergrepe.
- Wanneer lettergrepe gebruik word, sal jy sien dat daar twee soorte lettergrepe is, nl:
OOP LETTERGREPE‘n Oop lettergreep eindig op ‘n | GESLOTE LETTERGREPE‘n Geslote lettergreep eindig op ‘n |
- Verdeel die volgende woorde uit die gedig in lettergrepe en skryf langs elke lettergreep of dit oop of geslote is:
geskenkpapier
diertjie – liedjie
hartedief
Wanneer jy ‘n woord skryf , breek jy die woord soms op ander plekke op as wanneer jy dieselfde woord sê:
Kyk na die volgende voorbeelde:
Ons skryf sok-kie en sê so-(k)kie
Ons skryf pot-te en sê po-(t)te
Die lettergrepe en klankgrepe van ‘n woord is dus nie altyd dieselfde nie.
Opdrag 3:
Om skryftekens korrek te gebruik
[lu 6.1.3]
Die koppelteken
Die gebruike van die koppelteken:
na-aap; uie-oes; ru-olie
- Dus by die opeenhoping van
- By saamgestelde titels, bv. adjunk-minister en
- By herhalings, bv. gou-gou en
Ma-hulle; Anwar-hulle; Oom Simon-hulle
- Dus by samestellings, waarvan die laaste deel vorm .
- By samestellings met letters of syfers,
bv. A-span en
- Samestelling van rigting en aardrykskundige name,bv. Oos-Kaap; Soweto-Wes
Opdrag 4:
Om skryftekens korrek te gebruik
[lu 6.1.3]
Die Kappie
Die kappie word gebruik om die besondere klank van ‘n klinker aan te dui.
Byvoorbeeld:
more -
kerel -
rue -
wereld -
Voeg nog voorbeelde by deur in groepsverband daaroor te besluit.
-
-
-
-
-
Assessering
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge); |
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe; |
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek; |
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei; |
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei. |
Memorandum
Die deelteken en lettergrepe
(a) vroe - e
(b) Die deelteken dui die begin van ‘n nuwe lettergreep aan.
- voël vo - el
beëindig be - eindig
moeë moe - e
ruïne ru - ine
- oop lettergrepe eindig op ‘n vokaal
geslote lettergrepe eindig op ‘n konsonant
(e) ge - skenk - pa - pier
ge - : oop
skenk - : geslote
pa -:oop
pier: geslote
dier - tjie - lie - djie
dier - : geslote
tjie - : oop
lie - : oop
djie : oop
hart - te - dief
hart -:geslote
te -:oop
dief -:geslote
Die koppelteken
- Word gebruik by die opeenhoping van vokale saamgestelde titels:
- hoof-mediese beampte
- direkteur-generaal
- sersant-majoor
- speurder-sersant
- By herhalings:
- fluit-fluit
- kamma-kamma
- plek-plek
- so-so
- toi-toi
- staan-staan
By samestellings waarvan hulle die laaste deel vorm
By samestellings met letters of syfers:
- A-span R100-noot
- B-mol 9 mm-pistool
- V-hals 50c-stuk
- DNS-molekuul 4 × 4-entoesias
- U-vormig 1994-verkiesing
Opdrag 4:
Om skryftekens korrek te gebruik
- Die kappie
- môre
- kêrel
- rûe
- wêreld
sê, hê, wîe, bêre, nêrens, affêre, aikôna, gô, sôe, brûe.