Wat het ongeveer 200 tot 250 jaar gelede in Brittanje en die res van Europa gebeur?
Faktore wat die beweging van mense na die stad aangehelp het:
- As gevolg van landboutegnologie word minder mense benodig om die grond te bewerk om voedsel te produseer.
- As gevolg van die mediese tegnologiese vooruitgang is die aanwas van mense hoër en het mense stad toe gegaan waar (hopelik) meer werkgeleenthede was.
- Stoomtegnologie het gelei tot die bou van fabrieke (op die steenkoolvelde), wat veroorsaak het dat tuisnywerhede op die platteland oorbodig geraak het.
- Beter werksomstandighede en betaling in die stede.
Aktiwiteit 2:
Om ‘n klasbespreking oor die patrone van verstedeliking in suid-afrika te hou
[lu 1.1, 1.5, 2.1, 2.2, 2.3]
- Gesels met jou ouers oor die situasie in Suid-Afrika en hou daarna ‘n klasbespreking oor die patrone van verstedeliking in Suid-Afrika onder leiding van julle onderwyser.
- Soek veral ooreenkomste en verskille tussen die destydse Europa en die hedendaagse Suid-Afrika. Skryf nou ‘n kort paragraaf oor die onderwerp.
Interessante statistieke oor hoe vinnig verstedeliking in die verlede in Europa plaasgevind het:
Brittanje
- In 1800 – 25 % van die bevolking verstedelik
- In 1900 – 75 % van die bevolking verstedelik
Die stad Milaan in Italië
- Tussen 1951 en 1956 het die inwonertal van dié stad met 1,5 miljoen toegeneem! Nie minder nie as 70 % van hierdie nuwe intrekkers was uit die platteland van Suid-Italië afkomstig.
- Oor die afgelope sowat 50 jaar was daar so ‘n vaste patroon van mense wat van die platteland af na stede verhuis het, veral stede met vinnig groeiende nywerhede, dat die platteland in baie gevalle beskou is as voedingsbron vir arbeid vir die nywerhede! So erg was die ontvolking dat daar dele soos die noorde van Noorweë, die weste van Ierland en Noord-Skotland is waar daar amper nie meer sprake van lewensvatbare gemeenskappe is nie. Wat die probleem vererger, is die neiging dat dit die jonger mense is wat wegtrek, en dat dit die bevolkingsaanwas verder vertraag.
- In sommige lande word daar stappe geneem om die proses om te swaai, soos die Italianers wat fabrieke in die suide van die land begin vestig het.
3. Europa: verandering in die vestiging van mense oor die afgelope 50 jaar
Aktiwiteit 3:
Om stedelike gebiede in wes-europa te identifiseer
[lu 1.5]
Die kaart toon die stedelike gebiede in Wes-Europa (in swart aangedui) waarheen die meeste mense oor die afgelope 50 jaar gestroom het. Dit het gelei tot ‘n gemiddelde stedelike groei van 2% per jaar. Gebruik jou atlas en identifiseer die stedelike gebiede deur die nommers op die kaart langs die stad te plaas
Madrid | |
Barcelona | |
Milaan | |
Stockholm | |
Londen | |
Rotterdam | |
Parys | |
Kopenhagen | |
Marseilles | |
Lissabon |
In aktiwiteit 4 word na stedelike gebiede in plaas van stede verwys. Dit is omdat in baie gevalle soveel uitbreiding rondom individuele stede plaasgevind het, dat daar nou nie meer tussen stede onderskei kan word nie – die een vloei in die ander. Die Ruhr-gebied in Duitsland is een waar daar ‘n hele aantal stede so aaneengeskakel is dat grense nie meer bestaan nie. Dié van julle wat gebiede soos die Nelson Mandela Metropool, die gebied tussen Kaapstad en Kuilsrivier, die Witwatersrand of ander metropole in ons eie land ken, sal verstaan. In die geval van die Ruhr-gebied en ander Europese gebiede is die beboude gebiede net baie groter.
Aktiwiteit 4:
Om in groepe te besin oor die ontvolking van die platteland en oor verstedeliking
[lu 3.1, 3.2]
Is toestroming na die stad ‘n probleem of ‘n geleentheid?
Is die ontvolking van die platteland ‘n probleem of ‘n geleentheid?
- Jul groep is die kabinet van jul land se regering. Julle moet nou dringend ‘n besluit neem oor die ontvolking van die platteland en die gevolglike toestroming na die stad. Gaan julle dit teenwerk of toelaat (en dan bestuur)?
- Gebruik die gedagtes in die raam hieronder, en nog meer waaraan julle kan dink, en bespreek die saak deeglik. Skryf dan ‘n persverklaring van tussen 150 en 200 woorde waarin julle jul besluit bekend maak en motiveer .
* Die vooruitgang van die land * Gemeenskapslewe gaan tot niet – wat bly oor op die platteland? * Jongmense vertrek; ouer mense bly agter * Kerke * Skole * Huise * Beheerde plakkery * Winkels en motorhawens * Tegnologie * Wat leer die geskiedenis ons? * ‘n Aanval van die vyand * Inkomste van munisipaliteit * Die aanlê van paaie en die verskaffing van dienste * Werkgeleentheid * Watter rol moet die regering speel? * Die “verloop van die lewe” * Voor- en nadele * Toerisme * Landsbelang * Emigrasie
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
LU 3 |
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Memorandum
BEVOLKINGSVERSPREIDING
1. Faktore wat die beweging van mense en hul vestiging beïnvloed
2. Die keuse: Stad of platteland
3. Verandering in die vestiging van mense in Europa