This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Die derdewêreldse krotbuurt van Rio is binne stapafstand van ‘n duur woonstelbuurt.
Aktiwiteit 2:
Om die omstandighede van die mense van rio te oordink en te ondersoek
[lu 2]
Maak ‘n lys van die redes vir die toestroming van werksoekers na Rio de Janeiro:
- Maak ‘n lys van die grootste probleme waarmee die nuwe intrekkers te kampe het:
- Wat gaan gebeur as daar ‘n ernstige brand in so ‘n favela uitbreek?
Maak ‘n lys van so veel moontlike ooreenkomste tussen die probleme wat mense in die stede van -Afrika en in Rio de Janeiro ervaar.
Aktiwiteit 3:
Om die invloed van rio de janeiro se klimaat te bespreek
[lu 2.1, 2.2]
- Julle het Rio se breedteligging in Aktiwiteit 1 nageslaan en behoort ‘n goeie idee van die klimaat te hê. Oorweeg die invloed wat die klimaat op die lewens-omstandighede van die armes sowel as die gegoede inwoners van Rio de Janeiro sal hê.
Aktiwiteit 4:
Om die volgende twee onderwerpe te bespreek
[lu 3.2]
- ‘n Arm gesin verlaat vandag die afgeleë Brasiliaanse platteland om ‘n beter lewe vir elke gesinslid in Rio te gaan soek, maar die kans op ‘n beter lewe is skraal.
Die omstandighede van die arm werksoekers in Rio de Janeiro en enige groot stad in Suid-Afrika is omtrent dieselfde.
Aktiwiteit 5:
Om oplossings vir probleme oor armoede aan die hand te doen
[lu 3.3]
Oordink die situasie in Rio de Janeiro. Vir die armes is die vooruitsigte swak. Maar daar moet ‘n oplossing wees vir die erge verarming, die swak lewensomstandighede en die toenemende misdaad. Wat stel julle voor?
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
LU 3 |
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Memorandum
GEVALLESTUDIE
1. Vinnige groeiprobleme
Read also:
OpenStax, Aardrykskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10999/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.