“Gee terug ons skoene!” skreeu die toeskouers woedend.
“Dê, vat julle toiings!” sê Uilspieël meteens, en hy laat die skoene soos reën op die mense val.
Almal koes en elkeen probeer weer om sy eie skoen in die hande te kry. Dit tel op en pas aan vir ‘n vale. Een ruk ‘n skoen uit die ander se hande. Hulle skel en raas en slaan onder mekaar dat die stof so staan. Die hele markplein is in rep en roer.
Maar wat doen Uilspieël? Hy sit daar bo-op die paal en hou sy maag vas soos hy lag. “’n Mooier konsert sou ek nooit kon gee nie!” skreeu hy. “Julle behoort my te betaal. Ek het lanklaas soveel pret gehad.”
Eers nadat almal terug is na hul huise, het Uilspieël vinnig van die paal afgeklim en die hasepad gekies na sy eie huis voordat die ander seuns hom in die hande kon kry.
Deur iets van die skoen te sê, het Uilspieël eintlik iets van die persoon gesê aan wie die skoen behoort. Stem julle saam dat ons haarstyle en kleredrag dinge van onsself verklap?
Opdrag 1:
Om op ‘n oorspronklike wyse ‘n mondelinge beskrywing van ‘n skoen te gee
[lu 2.1]
Elke leerder bring ‘n ouerige skoen met “karakter” van die huis af waardeur ‘n tou geryg kan word.
Sorg dat daar ‘n tou in die klas is wat lank genoeg is waaraan al die skoene vasgemaak kan word.
Sit ‘n stoel op die leerkrag se tafel. Elkeen in die klas kry ‘n beurt om op die stoel te sit en iets oor een van die skoene te sê.
Die klas ken ‘n eerste, tweede en derde prys aan die leerders wat die oorspronklikste beskrywing van ‘n skoen gegee het.
Skryf die name van die drie wenners neer, en die aantal stemme wat elkeen gekry het.
Opdrag 2:
Om kreatief te dink en te redeneer
[lu 4.1, 5.1.3]
Alles oor skoene
- Daar is ses voorwerpe in die prent. Skryf die naam van elkeen neer.
- Watter een pas nie?
Hoekom nie?
- In hierdie prent is daar elf pare voetbedekkings. Skryf die naam van elkeen neer.
Kies een van die pare skoene en beskryf die uitrusting wat jy daarby sal dra.
Opdrag 3:
Om deur kleurvolle taalgebruik ‘n bewustheid van styl aan te kweek
[lu 6.4.3]
Kleurvolle taalgebruik
Om kleur te verleen aan die taal wat ons praat, gebruik ‘n mens idiomatiese uitdrukkings of interessante segswyses, anders klink dit alte vervelig.
Die leesstuk is deurspek met sulke uitdrukkings en segswyses. Hier volg ‘n klompie wat julle moet verklaar deur ‘n sin te maak waarin elke idiomatiese uitdrukking voorkom: Gebruik ’n verklarende woordeboek.
- Die hasepad kies
- In rep en roer
- Vir die vale
- Doodbenoud
- In die mou voer
- Iemand ‘n poets bak
- Dat die stof so staan
- Jouself gate uit geniet
Opdrag 4:
Om sinonieme en antonieme te gebruik en te verstaan
[lu 6.4.3, 6.1.9]
Sin en Sinoniem
Wat beteken die volgende woorde?
- Toiings
- Platanna
- Versool
- Koorddanser
- Neertuimel
- Solder
Skryf sinonieme neer vir die volgende:
- Hanswors
- Uitvoering
- Poets
- Tuimel
- Verstom staan
- Toeskouer
- Handgee
Opdrag 5:
Om woordeboeke te raadpleeg en idiomatiese uitdrukkings daaruit te verkry
[lu 6.4.3]
Woorde en woordeboeke
Lees die inskrywing in die verklarende woordeboek oor skoen, -e en skryf tien idiomatiese uitdrukkings neer waarin die woord skoen (e) voorkom.