AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 4
SKOOLPRET
Module 38
WOORDBOU
Aktiwiteit 1
Om ‘n situasie te rolspeel [LU 2.2.1]
('n mondelinge en leesaktiwiteit)
Bennie moet sy tuiswerk in pen afskryf, maar hy het nie ‘n pen by hom nie. Emile leen toe sy pen vir Bennie.
(a) Lees die volgende gesprek:
Emile: Bennie, jy moet jou tuiswerk met pen afskryf.
Bennie: Ek het nie my pen hier nie. Ek sal myne môre saambring. Mag ek maar asseblief jou pen leen?
Emile: Jy kan met myne skryf. Môre, as jy joune skool toe bring, kan jy maar daarmee skryf.
Juffrou: Emile, Bennie, het julle 'n probleem? Kan ek dalk vir julle help?
Emile: Juffrou, Bennie sê dat hy nie sy pen hier het nie en toe het ek my pen vir hom geleen.
(b) Verdeel in groepe van drie en dramatiseer nou hierdie toneeltjie. Maak gebruik van ander voorwerpe, soos 'n liniaal, kryte, 'n skerpmaker, 'n uitveër, ens.
Let op dat die vetgedrukte woorde voornaamwoorde is. Dit is woorde wat in plaas van ‘n persoon se naam geskryf word.
EkJySyHyOnsJulleHulle | skryf met | myjouhaarsyonsjullehulle | pen/ne. | Die pen/ne is | myne.joune.hare.syne.ons s’n.julle s’n.hulle s’n. | Ma gee die pen/ne vir | my.jou.haar.hom.ons.julle.hulle. |
Aktiwiteit 2
Om van die voornaamwoord te leer [LU 6.2.8]
(a) Lees die volgende sinne eers deur . Klink die sinne nie ongemaklik nie?
Lees die sinne weer en verander die woorde in hakies na voornaamwoorde. Die voornaamwoorde in die raampie sal vir jou help om die regte voornaamwoorde te kies.
(b) Vul nou op jou eie die regte voornaamwoord in en laat jou opvoeder jou werk assesseer.
(i) Juffrou vra vir (Juffrou se) ........................................... klas: "Het
(die klas) ............................ gister (die klas se) ...........................
tuiswerk gedoen?
(ii) Gert sê dat (Gert) ............................. nie (Gert se) ......................
tuiswerk kon doen nie, want (Gert se) ...................... oupa het by
(Gert en sy ouers) ............................. kom kuier.
(iii) Oupa het vir (Gert) ............................ 'n nuwe fiets saamgebring.
(iv) Juffrou sê toe vir (Gert) ......................................: "Gert, (Juffrou)
wil hê dat (Gert) ......................... (Gert se) ..........................
nuwe fiets vir (Juffrou) ...........................moet kom wys. (Juffrou)
........................ wil vir (Gert) ........................ook met (Gert se)
....................... tuiswerk help."
(v) Juffrou ontferm (Juffrou) .................................. altyd oor
(Juffrou se) ............................ klas. (Juffrou).....................
is baie lief vir (die klas) .......................................
Aktiwiteit 3
Om woorde te bou en korrekte spelling aan te leer [LU 6.1.2]
Juffrou het gesê dat die leerders met potlode wat lank is, moet skryf. Almal moes met lang potlode skryf.
Die woorde lang en lank het dieselfde betekenis, maar word verskillend geskryf en anders uitgespreek, afhangende van waar dit in ‘n sin gebruik word. Dit is belangrik dat julle die verskil tussen die twee klanke –ng en –nk ken.
(a) Gebruik die letters in die tabelle en bou woorde wat op –ng en –nk eindig .