This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Geskiedenis
Graad 4
Geskiedenis begin in ons eie omgewing
Module 5
Wie is jy?
Jy is beslis die belangrikste persoon in dié module. Daarom gaan jy begin deur meer oor jouself uit te vind. Ons gaan veral met mondelinge bronne werk. Die volgende w-vrae gaan jou help om inligting oor die verlede te bekom.
Mense (Wie?) Plek (Waar?)
Tyd (Wanneer?) Gebeurtenis (Wat?)
Oorsake (Waarom?) Gevolge (Waartoe?)
Aktiwiteit 1
Hoe om deur vrae inligting te bekom [lu 1.1]
Kom ons doen eers ‘n kort oefening oor hoe dié w-vrae werk.
(a) bestudeer meegaande uittreksel oor ‘n bekende suid-afrikaner, albert luthuli, en beantwoord daarna die w-vrae wat volg.
Aktiwiteit 2
Om inligting oor jouself te bekom en vra te vrae oor jouself [lu 1.1]
(a) Bekom inligting oor jouself met behulp van meegaande vrae.
- Waar (plek) is jy gebore?
- Wie (mense) is jou beste maat? Hoekom?
- Wat wil jy graag eendag word?
- Waarom (oorsaak) bly jul hier?
- Waartoe (gevolge) lei die ontwikkeling in jul omgewing?
- Wanneer (tyd) is jou ouer(s) gebore?
Dink ook jou eie drie vrae uit.
(b)skryf ‘n kort verslaggie oor jouself, waarby jy prente of foto’s kan invoeg.
In die volgende leereenheid gaan ons met geskrewe bronne oor jou familie en gesin werk.
Assessering
Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
- werk met bronne: inligting aanteken en verwerk uit ‘n verskeidenheid van bronne.
Memorandum
(verskeie moontlikhede)
(a)
- Albert Luthuli (1898 – 1967)
- Wen Nobelprys vir Vrede (1960); ANC-leier (1952 – 1960)
- Suid-Afrika, buiteland (vanaf 1959)
- Verset teen apartheid
- Uit land verban
Read also:
OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.