This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Tegnologie
Graad 8
Strukture
Module 5
Balke, pilare, stutte, dwarsbalke en ankerdrade
Balke, pilare, stutte, dwarsbalke en ankerdrade:
- Bogenoemde is belangrike dele van strukture. Hulle word gebruik in geboue, brûe en verskillende items, bv. die pype van jou fiets se raam wat in die balkekategorie val.
- Balke se funksie is hoofsaaklik om vrag te dra. Indien die vrag te swaar is, sal die balk buig. In die ou dae is boomstamme gebruik as soliede balke, maar a.g.v. die koste en gewig daarvan word daar vandag van ander strukture met ‘n verskeidenheid vorms en bestaande in ‘n verskeidenheid materiale, as balke gebruik gemaak.
- Selfs pilare en lamppale is balke wat in ‘n vertikale posisie is. Pilare is baie nuttig by geboue om bv. stoepe wat oorhang te stut. Indien die pilare nie die gewig kan dra nie, sal die gebou inmekaar val. Ons hoor soms van geboue, veral groot komplekse soos winkelsentrums, wat ineenstort a.g.v. swak konstruksies.
- Baie van ons televisiestelle is op ‘n stellasie teen die muur gemonteer. Jy sal tog verstaan dat die televisie spanning sal veroorsaak op die platform wat in werklikheid ‘n balk is. Omdat die balk net aan die een ent gestut word, is dit ‘n dwarsbalk. Om die dwarsbalk in posisie te probeer hou, word ‘n stut ingevoeg vir ondersteuning.
- Soortgelyke stutte vind ons ook by tente en kragdrade. In hierdie gevalle word die stutte deur kabels en toue gevorm.
- Die skets hieronder toon hoe ‘n leerder sy brug (balk) van strooitjies versterk het deur van ‘n stut en tou gebruik te maak.
Opdrag 5
- Kyk na die volgende illustrasies en beskryf hoe verskillende kulture tegnologie gebruik het om hul probleme op te los:
LU 3.1 | ||||
Spitsdakvissershuisies
Opdrag 6
- Verwys na die volgende en beskryf die impak wat tegnologiese ontwikkeling ten opsigte van strukture al op mense se lewenswyses gehad het:
- Wolkekrabbers
- Vliegtuie
- Dakkappe
- Treinspore en treine
- Brûe
LU 3.2 | ||||
Assessering
LU 3 |
tegnologie, samelewing en die omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
inheemse Tegnologie en Kulture:3.1 vergelyk hoe verskillende kulture gelyksoortige probleme opgelos het en bring die verskille in verband met die kultuur en waardes van die samelewings; |
impak van Tegnologie:3.2 verduidelik en gee besonderhede oor die positiewe en negatiewe uitwerking wat tegnologiese produkte op mense se lewensgehalte en hul omgewing het. |
Read also:
OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.