This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Tegnologie
Graad 9
Meganismes en beweging
Module 1
Meganismes en beweging
Inleiding
Wat is ’n meganisme?
- In ons alledaagse lewe word ons deur meganismes omring. Hulle help om ons lewens op baie maniere makliker te maak. Die meeste van die meganismes wat jy gebruik, is so bekend dat jy nooit daaraan dink nie. Eenvoudige dinge soos deurknoppe, ligskakelaars, onderdele vir jou fiets en jou pa se motor is slegs enkele voorbeelde. In die verlede, in ou masjiene soos stoomenjins, was die meganismes maklik om te sien. Vandag word dit agter panele en bedekkings versteek. Meganismes maak dit vir ons moontlik om eenvoudige dinge te doen soos om ligte aan te skakel, krane oop te draai en met jou fiets teen die bult uit te ry. Jy sal die gebruike van verskillende meganismes ontdek namate ons dit in hierdie module van naderby bekyk.
Aktiwiteit 1
- Maak ’n lys van items wat na jou mening voorbeelde van meganismes is. Sketse en prente van hierdie items kan ook ingesluit word.
LU 1.2 | ||||
Meganismes en beweging
- Meganismes kan gebruik word om die spoed, rigting of krag wat nodig is om iets te doen, te verander. Meganismes kan jou help, maar kan dinge nie op hulle eie doen nie. Hulle het energie en iemand of iets nodig om hulle te laat werk. Die energie wat deur ’n masjien gebruik word, word die inset genoem. Die gevolg van die energie-inset word die lewering genoem. ’n Meganisme soos ’n fiets kan met die diagram hieronder verduidelik word.
Aktiwiteit 2
- Verduidelik die voordele van kettingratte en kettings wat op fietse gebruik word.
LU 2.3 | ||||
- Meganismes hou met beweging verband. Daar is vier hooftipes beweging. Dit kan geïllustreer word met behulp van ’n mens se liggaamsbeweging.
Aktiwiteit 3
- Noem die tipe beweging wat deur die produkte geïllustreer word. Gebruik pyltjies om die rigting van die beweging aan te dui.
LU 2.3 | ||||
Tipes meganismes
Meganismes word almal in masjinerie gebruik. Daar is vyf tipes meganismes:
- Hefbome , wat dit moontlik maak om kragte op presiese punte toe te pas.
- Katrolle , wat die rigting en spoed van ’n beweging verander en toelaat dat krag oorgedra word.
- Ratte , wat ’n draaibeweging en -krag oordra.
- Nokke en krukke , wat eenvormige insetbeweging in nie-eenvormige leweringsbeweging omskep.
- Skroewe , wat ’n draaibeweging in staat stel om ’n lineêre krag oor te dra
Aktiwiteit 4
- Beantwoord die volgende vrae op grond van die prentjies A-F.
- Noem die meganismes van A tot F.
- Stel ’n gebruik vir meganisme A voor.
- In B, roteer as nr. 1 teen 10 rpm. Hoe vinnig sal as nr. 2 roteer?
- Op watter manier kan meganisme C gebruik word?
- In D, as W kloksgewys roteer, hoe kan jy V anti-kloksgewys laat roteer?
- Skets ’n speelding wat meganisme F kan gebruik.
LU 2.3 | ||||
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ondersoek:
|
LU 2 |
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
strukture:2.1 kennis en begrip toon van strukture:
|
stelsels en beheer:2.3 deur praktiese analise, kennis en begrip van interaktiewe meganiese sisteme en subsisteme demonstreer en sulke sisteme en subsisteme met diagrammatiese sisteemdiagramme voorstel:
|
Memorandum
AKTIWITEIT 1
- Leerders kan enige produkte lys wat hulle as meganismes beskou. Die doel met die aktiwiteit is om die leerders te laat besef hoeveel produkte eintlik meganismes is. Bespreek die voorbeelde met die klas.
AKTIWITEIT 2
- Groter kragte kan oorgedra word
- Kettings gly nie
- Kettings kan uitmekaar gehaal word om verwydering moontlik te maak
AKTIWITEIT 3
- Deurhandvatsel Ossilerend (handvatsel) en heen-en-weer-bewegend (resiproserend)
- Kraan Roterende beweging
- Lugpomp Ossilerend
- Skêr Ossilerend
OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.