This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Lewensoriëntering
Graad 7
Regte en verantwoordelikhede
Module 5
fundamentele waardes en menseregte
Tien fundamentele waardes en menseregte soos in die suid-afrikaanse grondwet uiteengesit
As inwoners van hierdie land en as leerders met ‘n senior posisie in julle skool, is dit noodsaaklik om die basiese waardes en regte van ons land se konstitusie (grondwet) te ken, verstaan, deurdink en navolg. Aangesien hierdie regering en grondwet eers in 1995 ingestel is, is baie mense nog onbewus van hulle regte en verantwoordelikhede as inwoners van hierdie land.
Aktiwiteit 1:
Om menseregte en die omskrywing daarvan te bespreek [LU 2.1]
Lees die onderstaande tabel met aandag deur en bespreek dit met julle opvoeder en klasmaats:
Menseregte | Omskrywing |
1. Demokrasie | Ons streef na ‘n soewereine demokratiese Suid-Afrika:
|
2. Sosiale regte en regverdigheid | Ons streef na ‘n vrye en veilige land:
|
3. Gelykheid | Ons streef na ‘n land waar almal gelyk is voor die reg:
|
4. Nie-rassisme en nie- geslagsdiskriminasie | Ons streef na ‘n land waarin vorige rassisme en geslagsdiskriminasie sistematies uitgeskakel word:
|
5. Ubuntu (menslike waardigheid) | Ons erken die behoefte aan:
|
6. ‘n Oop gemeenskap | Ons streef na ‘n land met ‘n deursigtige grondwet en regstelsel:
|
7. Aanspreeklikheid en verant- woordelikheid | Ons streef na ‘n land waarin elkeen verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie dade:
|
8. Bestuur deur die reg | Suid-Afrika as staat het as grondslag die grondwet as hoogste gesag en word bestuur deur die reg:
|
9. Respek |
|
10. Versoening | Ons reik uit na ‘n toekoms waar ons land en sy mense gekenmerk word deur ‘n gevoel van eenheid en vreedsame samehorigheid:
|
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
S OSIALE O NTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 die toepassing van menseregte soos beskryf in die Suid-Afrikaanse grondwet bespreek; |
2.2 verduidelik hoe om geslagstereotipering en seksisme teen te werk; |
2.3 die belangrikheid van vrywilliger-organisasies bespreek; |
2.4 verduidelik hoe die erkenning van diverse kulture die Suid-Afrikaanse samelewing kan verryk; |
2.5 die rol van die mondelinge tradisie en van geskrifte in ’n verskeidenheid wêreldgelowe verduidelik. |
Read also:
OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.