Natuurwetenskappe
Graad 5
Lewe en lewenswyse
Module 5
Saadontkieming
Aktiwiteit:
Om in groepies te gesels oor die ontkieming van sade
[lu 1.3, 2.1]
Bespreek die volgende vrae en skryf die antwoorde neer. Vorige aantekeninge mag gebruik word.
- Noem DRIE voordele om bome en plante op aarde te hê.
met sade in ‘n erdvarkgat, 30 cm onder die grond:
Rede:
met sade in 'n yskas:
Rede:
- Definieer die volgende terme: kiemwortel; blaartjie; tweesaadlobbige saad
- Noem drie maniere waarop saad versprei kan word. Sê ook by watter een van die vier julle dink die meeste sade aangepas is en hoekom julle so dink.
Drie maniere:
Die mees algemene manier en hoekom julle so dink
Waar of onwaar?
- Die kiemwortel sal in enige rigting groei.
- Sywortels groei vanaf die kiemwortel om water te absorbeer.
- Wanneer die eerste blare verskyn, verwelk die saadlobbe.
Herrangskik die onderstaande sinne in die korrekte volgorde:
- Die kiemwortel verskyn eerste en groei afwaarts.
- Die saadlobbe swel uit nadat hulle water geabsorbeer het.
- Die stingel groei opwaarts en die blare word groen.
- Die saadhuid bars oop.
- Sywortels ontwikkel uit die kiemwortel.
- Twee klein blaartjies verskyn as die saadlobbe oopbars.
Assessering
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer;
LU 2
KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting onthou;
2.2 inligting kategoriseer;
2.3 inligting interpreteer.
Memorandum
(i) Verskaf suurstof
(ii) Versier en maak ons omgewing mooi
(iii) Dit hou die grond in posisie – verhoed gronderosie
(iv) Dit verskaf voedsel, ens.
(v) Dit skep plekke waar diere kan lewe, bv. voëls bou neste, hasies bly in sagte grond onder plante/in gras.
(b) enige paslike antwoord
(c) (i) Neem saadjies en strooi eweredig oor ‘n houer gevul met leemgrond, bedek liggies met dun lagie sand/leemgrond/, maak die grond effens klam en plaas in ‘n sonnige deel van die tuin.
Of
(ii) Neem ‘n steggie (slegs sekere plante) – plaas dit in ‘n houer met water – in ‘n sonnige plek totdat worteltjies verskyn – plant dan in leemgrond, ens.
(d) Sal nie ontkiem nie, te min lug en warmte
Sal ook glad nie ontkiem nie. Rede: het warmte nodig
(e) Kiemwortel: die eerste worteltjie wat verskyn tydens die onkieming van ‘n saad
Blaartjie: die blaartjie is die plat groen gedeelte wat die plant help voed.
Tweesaadlobbige saad: die saad het twee saadlobbe – twee saadlobbe aan weerskante van die babaplantjie.
(f) wind; water; diere
Geen korrekte antwoord, laat leerders debateer. Vir elkeen sal daar redes wees hoekom dit die mees algemene sou kan wees.
(g) (i) OW
(ii) W
(iii) W
(h) (ii), (iv), (i), (iii), (v), (vi).