Natuurwetenskappe
Lewe en lewenswyse
Opvoeders afdeling
Memorandum
- Almal het agt pote. Gelitte pote en uitwendige skelet is gemeenskaplike kenmerk.
- Kopborsstuk en agterlyf.
- Die voettasters kan groot wees en soos pote lyk.
- Aan die kopborsstuk.
- Slegs enkelvoudige oë, soms sommiges groter en sommiges kleiner: agt in totaal
Opdrag 4:
1. Die spinnekoppe vrek van die gif, terwyl die vlieë vermeerder, moontlik omdat daar minder spinnekoppe is.
2. Kan ‘n voëlsoort wees wat van insekte en spinnekoppe lewe. Vreet dalk ruspes wat vergiftig is, of daar is nie meer spinnekoppe om te vreet nie.
3. Dit is belangrik om die balans in die natuur te handhaaf.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om enkele aragnide te bestudeer [lu 1.3, lu 2.3, 2.4]
Die spinnekop
Die spinnekop behoort tot die groep spinagtiges of Arachnida . Dit is beter om van die Aragnide te praat eerder as van die spinagtiges, omdat al die lede van die groep nie spinnerakke bou nie, bv. bosluise en skerpioene.
Kan jy nog onthou wat die kenmerk van alle Aragnide is?
Almal het ____________________________________________________ pote.
Kan jy nog onthou watter kenmerk die Aragnide in gemeen het met die insekte?
____________________________________________________________________
As jou onderwyser ‘n dooie spinnekop of skerpioen het, kyk na sy liggaamsbou en probeer die volgende vrae beantwoord:
Kan jy ‘n kop, bors en agterlyf onderskei soos by die sprinkaan? _________________________________________________________
Hoekom lyk dit asof daar tien pote is?____________________________________
_____________________________________________________________________
Aan watter deel van die liggaam word hulle gedra? ___________________________
Kan jy klein en groot oë soos by die sprinkaan sien? __________________________
Liggaamsbou
Die spinnekop se liggaam bestaan uit slegs twee dele, nl. ‘n kopborsstuk en agterlyf. Daar is agt enkelvoudige oë op die kopborsstuk (die spinnekop het nie saamgestelde oë soos die insekte nie), asook twee tasters. Die spinnekop het twee opvallend groot kaakkloue waarmee prooi gevang word.
Op die punt van die agterlyf is daar spintepels waarmee die spinnekop spinnerakke bou om prooi te vang.
Die huidbedekking (eksoskelet) is leeragtig en harig.
Beweging
Spinnekoppe is besonder rats, veral die wat nie hul prooi met spinnerakke vang nie, bv. die groot jagspinnekop.
Voeding
Spinnekoppe is vleisetend en verlam hul prooi met gif wat in hul kaakkloue voorkom. Die tasters hanteer die prooi terwyl dit gevreet word. In Suid-Afrika is slegs enkele spinnekoppe gevaarlik vir die mens, bv. die knopiespinnekop (swart met duidelike merke aan die onderkant; die liggaam sonder pote is ongeveer die grootte van ‘n grondboontjie). Spinnekopbyte kan egter ontsteking veroorsaak as gevolg van kieme wat aan hul monddele vassit.
Asemhaling
Die spinnekop het asemhalingsopeninge aan die onderkant van die agterlyf wat na inwendige boeklonge lei.
Handhawing van waterbalans
Soos die sprinkaan, verkry spinnekoppe die bietjie water wat hulle benodig uit hul voedsel.