AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 4
MY WOONPLEK
Module 20
HUIS TE KOOP
HUIS TE KOOP
Aktiwiteit 1
Om vir inligting te lees [LU 3.3.4]
(a) Werk dit uit ('n leesstuk).
Lees die inligtingstuk en werk dan uit watter huis by elke nommer pas.
Doen dit eers op jou eie en vergelyk dan jou antwoord met die res van die groep.
Huis A | het vier slaapkamers met twee badkamers. |
Huis B | het een minder slaapkamer as D . |
Huis C | het 'n groot tuin en 'n swembad. |
Huis D | is 'n dubbelverdiepinghuis met drie slaapkamers en 'n studeerkamer. |
Huis E | se kombuis is kleiner as D se kombuis, maar groter as B se kombuis, en het 'n televisiekamer. |
Huis F | het een meer slaapkamer as A en 'n speletjieskamer, asook 'n groter tuin as C . |
HUIS | ||
(i) | Hierdie huis is die hoogste. | |
(ii) | Watter huis het die meeste slaapkamers? | |
(iii) | Hierdie huis het ‘n studeerkamer. | |
(iv) | In watter huis kyk hulle televisie? | |
(v) | Daar is genoeg slaapkamers vir elk van die drie kinders en ook ‘n gastekamer in hierdie huis. | |
(vi) | Hierdie huis is net reg vir ‘n klein gesin. | |
(vii) | Watter huis se mense swem in die somer? | |
(viii) | Hierdie huis het die grootste tuin. | |
(ix) | Daar is genoeg badkamers vir ‘n groot gesin. | |
(x) | Watter huis het die kleinste kombuis? |
Ek het .......................................... huise korrek gepas.
Advertensies
Vir die opvoeder:
Die leerders moet aangemoedig word om advertensies van huise wat te koop is, skool toe te bring.
Die mondelinge aktiwiteit kan individueel gedoen word om deur die opvoeder geassesseer te word.
Aktiwiteit 2
Om advertensies vir inligting te lees [LU 3.3.6]
(b) Bring advertensies van huise wat te koop is, skool toe. Lees die advertensies in jul groepe en besluit watter huis jy graag sal wil koop.
My Droomhuis
Aktiwiteit 3
Om in die tweede taal oor ‘n bekende onderwerp te praat [LU 2.1.3]
(c) Vertel nou aan die klas hoe jou droomhuis moet lyk.
Maak gebruik van die kontrolelys om jou te help met die beplanning van jou mondeling.
KONTROLELYS VIR MONDELING
Ek het onthou om oor die volgende te vertel: | JA | NEE |
Die buitekant van die huis en die tuin. | ||
Die verskillende vertrekke. | ||
die meubels, bv. kaste, asook matte, teëls en gordyne. | ||
Aktiwiteit 4
Om self ‘n advertensie te skryf [LU 4.4.1]
- My eie advertensie (skriftelik)
Skryf nou jou eie advertensie van jou droomhuis. Onthou om die huis so goed as moontlik te beskryf.
..............................................................................................................

Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:
2.1.3 deelneem aan ‘n kort gesprek oor ‘n bekende onderwerp.
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 vir inligting lees:
3.3.4 diagramme, grafieke en tabelle lees (soos ‘n stamboom);
3.3.6 tekste oor die kurrikulum heen lees (soos ‘n advertensie – Ekonomiese en Bestuurswetenskappe).
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.4 mediatekste ontwerp:
4.4.1 ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing ontwerp.