AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 4
MY WOONPLEK
Module 19
HUISSKOONMAAK
Aktiwiteit 1
Om ‘n gedig te lees en dit te geniet [LU 3.5.1]
Huisskoonmaak (begripslees en skryf)
(a) 'n Gedig. Lees die gedig in groepe van vier. Elke leerder kry 'n beurt om 'n strofe te lees.
BESEM EN STOFLAP
In die kombuis se besemkas,
die bêreplek van Besem en Stoflap
word daar gestry en geredeneer
oor wie se werk word die hoogste geëer.
Stoflap dink hy is die heel belangrikste,
want sonder hom sal die huis nie blink.
Die meubels gee hy ‘n sagte vryf
en hou die huis skoon met sy geel lyf.
Besem is weer tog te spoggerig
en sê: “Ek vee die vloere en die stoepe skoon.
Alles wat nie hoort en in my pad voorkom,
vee ek weg tot in die vullisdrom.”
Die twee besef nou dat elkeen se werk
net so belangrik is soos die ander een.
Tesame word hul vir hul werk beloon
met ‘n huis wat skoon en netjies vertoon.
Aktiwiteit 2
Om eenvoudige sinne te skryf [LU 4.2.1]
(b) Bespreek nou die volgende vrae in jul groepie en skryf dan die antwoorde in volledige sinne neer. Jou opvoeder sal jou sinne merk.
(i) Wat doen die besem?
.................................................................................................
(ii) Wat doen die stoflap?
.................................................................................................
(iii) Hoe lyk die huis as hulle klaar is?
………………………………………………………………………
Aktiwiteit 3
Om instruksies te gee [LU 2.3.2]
(c) Instruksies gee. ('n mondelinge aktiwiteit)
Hoe sal Mamma vir ons vra om haar met die volgende takies te help?
Werk in groepe van vier. Elke leerder kry twee keer 'n beurt om 'n instruksie volgens die prente te gee. Die maat aan wie jy die instruksie gee, moet weer vir die res van die groep vertel wat jy gesê het.
Bv.
Aktiwiteit 4
Om rolspel te doen [LU 2.2.1]
(d) 'n Liedjie (mondelinge vaslegging van aksies en rolspel)
Sing nou die volgende versies op die wysie van “ Polly put the kettle on” .
(i) Sannie sit die ketel aan, ketel aan, ketel aan
Sannie sit die ketel aan
ons wil teetjies drink.
(ii) Jody maak jou bed gou op, bed gou op, bed gou op
Jody maak jou bed gou op
en pak jou klere weg.
(iii) ... stof die meubels af, meubels af, meubels af
... stof die meubels af
en hou die huisie skoon.
(iv) ... vryf die vloere blink, vloere blink, vloere blink
... vryf die vloere blink
en vee die stoepe skoon.
(v) ... dek die tafel nou, tafel nou, tafel nou
... dek die tafel nou
ons gaan kossies eet.
(e) Mimiek - Huisskoonmaak
In jul groepe kan julle elkeen 'n beurt kry om vir die res van die groep te laat raai waarmee jy besig is deur aksies sonder woorde te maak.
Elke groep kry nou 'n beurt om gesamentlik d.m.v. mimiek aksies vir die ander groepe te wys. Onthou om groot bewegings te maak wat duidelike voorstellings is. Gebruik jou hele lyf om die aksies voor te stel.
Onderstreep hoe jy voel.
Ons mimiek was geslaagd / nie geslaagd nie
Ons het dit geniet / nie geniet nie.
Die ander groepe kon ons voorstelling reg raai / nie reg raai nie.
Aktiwiteit 5
Om eenvoudige sinne te skryf [LU 4.2.1]
Wat sê hulle? (skriftelik)
Skryf neer wat elke persoon in die prentjie sê. Skryf die sinne op die volgende bladsy neer.
I ..............................................................................................................
II .............................................................................................................
III ............................................................................................................
IV ...........................................................................................................
Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.2 op kultureel gepaste maniere optree:
2.2.1 bekende situasies rolspeel (soos gee aanwysings).
- die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:
2.3.2 eenvoudige instruksies gee.
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.5 vir genot en inligting lees:
3.5.1 heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak lees.
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- vir ‘n sosiale doel skryf:
4.2.1 ‘n eenvoudige nota of boodskap skryf.
Memorandum
Aktiwiteit 2(b)
(i) Die besem sê: “Ek vee die vloere en die stoepe skoon.”
(ii) Die stoflap gee die meubels ‘n sagte vryf en hou die huis skoon.
(iii) Die huis vertoon skoon en netjies.
Aktiwiteit 5
1. Ek stof die huis af.
2. Ek was die skottelgoed.
3. Ek verf die huis.
4. Ek bak ‘n koek.