Wiskunde
Nog meetkunde, datahantering en waarskynlikheid
Opvoeders afdeling
Memorandum
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: modus, mediaan en rekenkundige gemiddelde [lu 5.6, lu 5.9]
11. Modus, mediaan en rekenkundige gemiddelde
11.1 LEER die volgende BEGRIPPE
MODUS :
Die waarde wat die meeste voorkom
Bv. 5; 6 ;6 ;7; 4 ; 8 ; 6 ; 6
Die modus is 6.
Soms is daar meer as een modus:
Bv. 2; 3 ; 3 ; 4 ; 6; 2 ; 5
Die modus is 2 en 3.
MEDIAAN :
Dit is die waarde wat in die middel lê wanneer data van klein na groot gerangskik word,
Bv. 18 ; 21 ; 22 ; 23 ; 27 ; 31 ; 40
As daar ’n ewe getal waardes is, is die mediaan die gemiddeld van die middelste twee waardes :
Bv. 4 ; 5 ; 6 ; 6 ; 6 ; 7 ; 7 ; 9 ; 9 ; 10
Die mediaan = (7 + 6) ÷ 2 = 6,5
REKENKUNDIGE GEMIDDELDE :
Tel al die waardes bymekaar en deel die totaal deur die aantal waardes,
Bv. 2; 3; 5; 5; 6
= 21 ÷ 5
= 4,2
11.2 Tien Gr. 7-seuns se skoengroottes lyk so:
6 ; 7 ; 9 ; 8 ; 8 ; 9 ; 5 ; 6 ; 7 ; 8
a) Bereken die modus: ______________________________________________
b) Bereken die mediaan: ____________________________________________
c) As die skoengroottes ’n punt uit 10 was, wat was die rekenkundige gemiddelde van die “toets”?
11.3 Bereken die gemiddelde ouderdom (in jaar) van jou klas.
_____________________________________________________________________

11.4 Kies 10 van jou klasmaats en bepaal die gemiddelde aantal kinders per gesin.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder opsommings maak van ongegroepeerde numeriese data deur die gemiddeld, mediaan en modus as bepalers van sentrale neigings te bereken, en daartussen onderskei;
Assesseringstandaard 5.9: Dit is duidelik wanneer die leerder data wat op verskeie maniere voorgestel is krities lees en interpreteer ten einde gevolgtrekkings en voorspellings te maak wat sensitief is.