This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

3.1 Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp

Kuns en kurtuur

Graad 7

Kritiese en kreatiewe denke

Module 10

Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp

Visuele Kuns

Aktiwiteit 1:

Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp

[lu 2.8]

STAP 1

Aangesien ons in die alledaagse lewe omring word met ‘n verskeidenheid van kunsvoorwerpe, -beelde en -werke, is dit belangrik om al hierdie verskillende visuele kunsvorme te kan identifiseer.

Voltooi eers die volgende tabel:

V oorbeelde V anuit M y A lledaagse L ewe

Kuns Kunsvlyt Ontwerp
Olieskildery Ornament Huis
.................................... ..................................... ...........................................

STAP 2

Trek ‘n sirkel om die voorbeelde in jou tabel waarvan jy weet wie dit gemaak of geskep het. Beantwoord dan die volgende vrae:

1. Om hoeveel voorbeelde kon jy ‘n sirkel trek?

2. Onder watter kolom is die omsirkelde voorbeelde?

3. Wat kan jy hieruit aflei?

STAP 3

Maak ‘n regmarkie in jou tabel by die voorbeelde wat nuut of oorspronklik is en nie volgens ‘n ou “resep” gemaak is nie. Beantwoord die volgende vrae:

1. By hoeveel voorbeelde kon jy ‘n regmerkie maak?

2. Onder watter kolom of kolomme is die meeste regmerkies?

3. Wat kan jy hieruit aflei?

STAP 4

Bring ‘n kledingstuk van die huis af. Dit kan ‘n hemp, baadjie, hoed, pet, serp, skoene, broek of enige ander vorm van kleding wees. As dit nie vir jou moontlik is nie, kan jy deel van jou skooluniform gebruik.

Jy gaan nou DRIE verskillende tekeninge van die kledingstuk maak:

- as kunswerk deur middel van ‘n houtskooltekening;

  • as kunsvlytvoorwerp deur die toevoeging van byvoorbeeld krale:

- as ontwerp vir ‘n spesifieke geleentheid of doel.

Aktiwiteit 2:

Om ‘n kunswerk, kunsvlyt en ‘n ontwerp as deel van ons erfenis te herken

[lu 2.8]

STAP 1

Suid-Afrika is ryk aan erfenis op baie gebiede. Vier gebiede in Suid-Afrika is byvoorbeeld al tot wêreldwye erfenisgebiede verklaar, naamlik Robbeneiland, die St. Lucia moerasgebied, die Sterkfonteingrotte en die Drakensberg-grotskilderye.

Skryf in jou joernaal ten minste EEN voorbeeld van Suid-Afrikaanse erfenis ten opsigte van kuns, kunsvlyt en ontwerp neer.

Die onderwyser sal die klas in groepe verdeel. Elke groep moet saam besluit op EEN erfenisvoorbeeld van kuns, kunsvlyt en ontwerp . As ‘n klas kan julle dan ‘n gesamentlike lys van voorbeelde opstel.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.