Wiskunde
Omtrek, oppervlakte en volume
Opvoeders afdeling
Memorandum
a)
(i) 9
(ii) 13
(iii) 16
b)
(i) 9 cm
(ii) 13 cm
(iii) 16 cm
- oppervlakte van vierkant = lengte
8.
a) 28 m; 45 m 2
b) 6 cm
c) 4 km; 24 km
d) 7 cm; 28 cm 2
e) 11 m; 11 m
9.2
a) 15 000; 1.5
b) 37 500; 3,75
c) 24 000; 2,4
9.3
a) 15 000 000; 15
b) 9 000 000; 9
c) 37 500 000; 37,5
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: oppervlakte / area [lo 4.2, lo 2.5, lo 2.3]
6. OPPERVLAKTE / AREA
6.1 BELANGRIK om te WEET!
Die oppervlakte (of area) van ’n figuur is die grootte van die plat vlak wat ingesluit word deur die buitelyne van ’n figuur. As jy bv. met jou hand oor hierdie hele bladsy vee, het jy aan die hele oppervlakte van die bladsy gevat. As jy ’n muur verf, noem ons die hoeveelheid ruimte wat jy geverf het, die oppervlakte / area .
6.2 Ook BELANGRIK om te ONTHOU!
Oppervlakte word uitgedruk in vierkante eenhede, bv. vierkante sentimeter (cm²) of vierkante meter (m²).
6.3 Memoriseer die volgende:
1 cm² = 10 mm x 10 mm = 100 mm²
1 m² = 100 cm x 100 cm = 10 000 cm²
1 km² = 1 000 m x 1 000 m = 1 000 000 m²
6.4 Vra jou opvoeder om die volgende bladsy te fotostateer of trek dit net so af.
a) Sny die vierkantjies uit en kyk hoeveel van hulle in die volgende figure sal inpas.
__________________________________
__________________________________
__________________________________
b) Wat is die oppervlakte van :
figuur (i)? __________________________________
figuur (ii)? _________________________________
figuur (iii)? _________________________________
6.5.1 Daar is ’n vinniger manier om die oppervlakte van figure te bereken!
Ons kan formules gebruik,
bv. Reghoek = lengte × breedte
= 5 x 2
= 10 cm²
6.5.2 Kan jy ’n formule neerskryf om die oppervlakte van ’n vierkant te bepaal?
_____________________________________________________________________
7. Kan jy twee verskillende reghoeke teken met ’n oppervlakte van 48 cm ² ?
8. Werk saam met ’n maat en voltooi die volgende tabel:
Lengte | Breedte | Omtrek | Oppervlakte | |
Bv. | 5 cm | 3 cm | 16 cm | 15 cm ² |
a) | 9 m | 5 m | ________ | ________ |
b) | 6 cm | ________ | 24 cm | 36 cm ² |
c) | 8 km | ________ | ________ | 32 km 2 |
d) | ________ | 4 cm | 22 cm | ________ |
e) | ________ | ________ | 44 m | 121 m ² |
9.1 Het jy geweet?
Die oppervlakte van plase word in hektaar ( ha ) gemeet.
1 ha = 100 m x 100 m
= 10 000 m²
9.2 Gebruik jou sakrekenaar en voltooi die volgende tabel:
Lengtem | Breedtem | Oppervlaktem ² | Hektaarha | |
Bv. | 100 | 100 | 10 000 | 1 |
a) | 150 | 100 | ___________ | ___________ |
b) | 250 | 150 | ___________ | ___________ |
c) | 120 | 200 | ___________ | ___________ |
9.3 Voltooi ook die volgende met behulp van jou sakrekenaar:
Lengtem | Breedtem | Oppervlaktem ² | Oppervlaktekm ² | |
Bv. | 2 000 | 500 | 1 000 000 | 1 |
a) | 5 000 | 3 000 | ___________ | ___________ |
b) | 1 500 | 600 | ___________ | ___________ |
c) | 7 500 | 5 000 | ___________ | ___________ |
Assessering
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos;
Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te
beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder voorstellings maak van en verwantskappe tussen veranderlikes gebruik sodat inset- en/of uitsetwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word;
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsinne oplos of voltooi deur inspeksie of deur ‘n proses van probeer en verbeter, en die oplossings deur vervanging kontroleer (bv. 2 x - 8 = 4).