Natuurwetenskappe
Die aarde en daarbuite
Gesteentes
Opvoeders afdeling
Memorandum
- Vind meer uit:
Gebruike van leiklip
- Tuinpaadjies
- Stoepteëls, ens.
Gebruik van marmer
- Kombuisoppervlaktes
- Grafstene, ens.Opdrag 6:
Sedimentêr | Metamorfies |
Word nuut gevorm uit rotse of reste van lewende organismes wat gevrek het. | Bestaande gesteentes wat weens druk of hitte verander. |
Sagter | Harder |
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om metamorfiese gesteentes as ‘n vorm van gesteente te kan bespreek [lu 2.1]
- Metamorfiese gesteentes is gesteentes wat reeds bestaan het en dan as gevolg van groot druk of hitte verander. Hierdie metamorfose of verandering neem BAIE lank om plaas te vind, aangesien die rots op ‘n sekere diepte onder die aardkors moet wees, waar dit aan uiterste hitte en druk blootgestel kan word. Daarna kan daar maklik 100 miljoen jaar verloop voordat die aardoppervlak so verander is deur erosie dat hierdie gesteentes blootgelê word.
- Leiklip/Leisteen word gevorm a.g.v. baie groot druk wat op reeds bestaande gesteentes uitgeoefen word.
-
Marmer word gevorm a.g.v. die geweldige hitte waaraan bestaande gesteentes blootgestel word.
OPDRAG 6
- Verduidelik hoe metamorfiese gesteentes en sedimentêre gesteentes verskil.
_____________________________________________________________________

LeerkragassesseringKRITERIA | 1. | 2. | 3. | 4. |
1. Is al drie tipes gesteentes voldoende gedek? | ||||
2. Is die belangrikste aspekte uitgelig? | ||||
3. Is meer bronne as slegs die module gebruik? | ||||
4. Toon die leerder insig in gesteentes? |
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dis duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.