Afrikaans huistaal
Diere moet ook leer
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
- LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Soos in die gedig weerspieël word, gaan hierdie module oor die noodsaaklikheid oor onderwys, of dit nou apies is wat dinge moet leer om bewus te word van gevare of Wikus die Welpie wat moet leer om gehoorsaam te wees.
Leerders maak gebruik van ‘n diagram met vrae om hulle te lei om hulle eie storie te skryf.
Nuwe woordeskat met vasleggingsaktiwiteite word bygebring.
Leerders kry geleentheid om self die leesstuk te illustreer, vrae te beantwoord en die stories te dramatiseer.
- KLANKE EN WOORDBOU
Die dubbelklinkers, oe, ie, ui, ou, eu, ei en die drieletterklinkers, aai, ooi, oei, eeu word in konteks hersien/aangeleer/vasgelê.
- SKRIF
Aandag word gegee aan die korrekte hantering van skryfgereedskap. Die volgende hoofletters word aangeleer en die klein letters hersien; M, N, L, H, T, I, K, F, E.
Leerders afdeling
Inhoud
- Wat dink die krokodil?
Kom ons hou konsert
- Dramatiseer die storie van Wikus se noue ontkoming.
- Beplan die opvoering.
- Kies die volgende karakters:
Mamma Leeu, Pappa Leeu, Wikus en die krokodil.
- Besluit:
Waar is die boom?
Waar is die water?
Wat gaan elkeen sê?
Wat gaan elkeen doen?
Hou konsert!
- Wat het die toeskouers gesê van jul konsert?
LU 2.4.3 | LU 2.4.4 | LS 2.4.8 | LU 2.6 | LU 4.3.1 |
- Raai, Raai wie is dit?
LU 1.4 | LU 3.5.4 |
- Nou ken ek al hierdie woorde.
- Lees hulle en bêre die bladsy in jou lêer.
donker | ontbyt | verpleeg | ystervark |
duisend | haastig | klokkie | gevaar |
netjiese | stilstand | teater | voorpoot |
terwyl | doodstil | besoekers | ongehoorsaam |
versorg | versigtig | steke | skaduwee |
skarrel | agterna | medisyne | luilekker |
uie | antwoorde | welpie | wyfieleeu |
werkplek | seergekry | piesangs | sigbaar |
aandete | geduldig | entjie | maanhare |
gereed | eindelik | oogappel | agterpote |
skoolklok | moeilikheid | pragtige | onskuldige |
kleintjies | inspuiting | watter | skaterlag |
groente | verband | krokodil | gehoorsaam |
vorentoe | onmiddellik | wollerige | weerligstraal |
bollemakiesie |
LU 3.3.5 | LU 4.6.5 |
Assessering
Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder na raaisels en grappies luister, dit geniet en gepas daarop reageer.
Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
2.4.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
2.4.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon;
2.4.8 opbouende terugvoering aan ander gee;
Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste taal vir verskillende doeleindes en met verskillende mense gebruik (rolspel).
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.1 verskillende soorte tekste skryf;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.5 ‘n woordebank en ‘n persoonlike woordeboek opbou.