Die vorms moet verkieslik op manilla gedupliseer word, maar indien dit nie beskikbaar is nie, gebruik gewone papier.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: berekeninge [lu 1.6, lu 1.8, lu 4.6, lu 5.5]
- Hier is die plakkaat wat Bonnie gemaak het om die mense na hulle stalletjies te lok.
- Bereken die kostes:
Marie koop: 3 pannekoeke, 1 worsbroodjie en 2 koeldranke.
Sy betaal _____________________________________________________________
Terrence koop: 2 hamburgers, 2 spookasems en 2 vrugtesappe.
Hy betaal ____________________________________________________________
Mamma koop: 4 worsbroodjies, 4 poedings en 4 draairoomyse.
Sy betaal _____________________________________________________________
Die tweeling koop: 4 pannekoeke, 2 vrugtesappe en 2 spookasems.
Hulle betaal __________________________________________________________
Daar is beplan om 300 hamburgers te maak. Dit gaan teen R5 elk verkoop word. Met 1 kg maalveis kan hulle 10 frikkadelle vir die hamburgers maak. Die maalvleis word in 5 kg - pakke aangekoop.
- Voltooi die tabel:
pakke vleis | 1 | 2 | 3 | 4 | ||
kg | 5 | 10 | ||||
frikkadelle | 50 | 100 | ||||
R____ altesaam | 250 | 500 |
- Hoeveel 5 kg-pakke maalvleis moet hulle aankoop? ________pakke
- As 1 kg vleis 10 frikkadelle maak, hoeveel gram gebruik hulle vir elke frikkadel? ________________________________________________
Die wors vir die worsbroodjies het hulle in 3 kg-pakke gekoop. Elke
3 kg-pak is genoeg vir 25 worsbroodjies. Hulle het 8 sulke pakke gekoop. Die worsbroodjies gaan teen R3 elk verkoop word.
- Voltooi die tabel:
pakke wors | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
kg | 3 | 6 | 9 | |||||
worsbroodjies | 25 | 50 | ||||||
R____ altesaam | 75 | 150 |
- Hoeveel worsbroodjies gaan hulle maak? _________________worsbroodjies.
- Watter bedrag kan die hamburgers en die worsbroodjies saam inbring?
_____________________________________________________________________
- Wat is die verskil tussen die hamburgers en die worsbroodjies se totale bedrae? ________________________________________________________
Tommie het besluit hy gaan vir Pappa help met die ponieritte. Hier is die baan wat hulle op die rugbyveld uitgemeet het.
- Wat is die omtrek van die baan?
Die ponie sal 2 keer per rit om die baan gaan. Dit neem die ponie 5 minute om die 2 rondtes te voltooi en 'n bietjie te rus.
- Watter afstand sal die ponie per rit aflê?
- Hoeveel ritte kan die ponie in 1 uur voltooi?
- Hulle gaan R5 per rit betaal. Hoeveel geld gaan hulle maak as 50 kinders op die ponie ry?
- Wie kan bereken watter afstand die ponie dan altesaam afgelê het?
- Hier is Tommie se plakkaat.
Bereken wat die pret vir sommige kinders gekos het.
- Bonnie het 2 keer op die ponie gery en 1 keer op die springkasteel gespring.
Sy het ___________________________________________________ betaal.
- Tommie het 3 keer met die windbuks geskiet en 1 keer op die ponie gery.
Hy het ___________________________________________________ betaal.
- Terrie het 2 keer die balle gegooi en 1 kussinggeveg gehad.
Sy het ___________________________________________________ betaal.
- Shane het alles 1 keer gedoen.
Hy het ___________________________________________________ betaal.
- Robert het alles 2 keer gedoen.
Hy het ___________________________________________________ betaal.
- Wat sal dit kos as jy alles 5 keer wil doen?
_____________________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels, insluitend herleiding tussen rand en sent;
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme op te los;
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoek (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span) en meet;
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal;
Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder data wat in eenvoudige tabelle en lyste voorgestel word lees en interpreteer.