This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just
click here
Sosiale wetenskappe
Aardrykskunde
Graad 8
Kaartwerk
Module 13
Die kaartnaam van topografiese kaarte
- Die kaartnaam van topografiese kaarte
Die RSA topografiese kaarte word geteken aan die hand van graadvierkante .
Elke graadvierkant word aangedui deur ’n getal wat uit vier syfers bestaan. Hierdie syfers word saamgestel uit die waardes van die breedte- en lengtegrade by die kaart se noordwestelike hoek.
- Die geskakeerde blok is die kaartvel waarmee tans gewerk word.
- Wat sê dit alles?
- 2228 CD verteenwoordig die volgende:
- 22 = 22º breedtelyn (suid)
- 28 = 28º lengtelyn (oos)
- C = vierkant word in vier blokke verdeel wat 30' van ’n graad voorstel en word altyd in die volgorde AB benoem. CD
- B = die groot vierkant C word weer in vier blokke verdeel wat 15' van ’n graad voorstel. Dit word ook in die AB volgorde benoem. CD
Elke graadvierkant word dus in sestien 1:50 000 topografiese velle verdeel.
AKTIWITEIT 1
[LU 1.2]
1. Deur gebruik te maak van ’n voorstelling, dui die ligging van die volgende 1:50 000 topografiese kaartvelle aan.
- 2822 DA
- 3528 BC
2. Watter kaartvel lê direk noord van 2822 DA?
3. Watter kaartvel lê direk oos van 3528 BC? .
4. Watter kaartvel lê wes van 2822 DA? .
5. Watter kaartvel lê suid van 3528 BC?
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer. |
Memorandum
Aktiwiteit 1:
- 2822 BC.
- 3528 BD.
- 2822 CB.
- 3528 DA.
Read also:
OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.