Wiskunde
Getalbegrip, optelling en aftrekking
Getalbegrip
Opvoeders afdeling
Memorandum
1.1 vier miljoen eenhonderd ses en dertigduisend tweehonderd vier en tagtig
1.2 ag miljoen tweehonderd sewe en veertigduisend en nege
1.3 drie miljoen sesduisend vyfhonderd
2.1 5 400 816
2.2 2 620 018
2.3 12 700 006
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om getalle te herken om hulle te beskryf [lu 1.3.1]
1. Op bladsy 6 het jy gesien hoe ons groot getalle (honderdduisende) lees en in woorde skryf. In die voorbeeld hierbo kon jy sien hoe ons miljoene lees en skryf. Kyk weer goed daarna en skryf dan die volgende getalle in woorde:
1.1 4 136 284 _______________________________________________________
_____________________________________________________________________
1.2 8 247 009 _______________________________________________________
_____________________________________________________________________
1.3 3 006 500_______________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Hier is die getalle vir jou in woorde uitgeskryf; kyk of jy dit in syfers kan doen:
2.1 vyfmiljoen vierhonderdduisend agthonderd en sestien
____________________________________________________________________
2.2 tweemiljoen seshonderd en twintigduisend en agtien
____________________________________________________________________
2.3 twaalfmiljoen sewehonderdduisend en ses
____________________________________________________________________
Assessment
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende ware getalle herken, klassifiseer en voorstel om hulle te beskryf en te vergelyk
1.3.1: heelgetalle tot minstens 9-syfergetalle.