Wiskunde
Wiskunde in die wêreld rondom ons
Opvoeders afdeling
Memorandum
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
- Integrasie van Temas: Herfs.
- ‘n Gesonde Omgewing: Tekens van Herfs.
- Die module begin met ‘n grafiek van die verjaarsdae van hulle vriende.
- Getalbegrip en telaktiwiteite word uitgebrei tot 120, met klem op telpatrone.
- Halvering en verdubbeling in die getalgebied 1 tot 50.
- Inkopie-aktiwiteite sluit in woordsomme, rigtingaanwysings na winkels en die selektering van die korrekte muntstukke.
- Leerders voltooi ‘n inkopie-grafiek.
- Samestellings van 10, 11, 12, 13, 14 en 15 word bekend gestel en met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vasgelê.
- Meetaktiwiteite versterk die woordeskat van ‘n “klein massa” en ‘n “groot massa”, gram en kilogram.
- ‘n Resep vir muffins word ingesluit en die leerders kry praktiese ervaring van meting (Tegnologie).
- Deur gebruik te maak van patrone op hutte, ontwerp die leerders hulle eie patrone om sodoende hulle sensitiwiteit vir ander kulture te bevorder.
- ‘n Geheue-speletjie is ingesluit om leerders te help om getalsinne te bemeester.
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: meetaktiwiteite [lu 1.2, lu 1.4, lu 1.7, lu 1.8 lu 1.10, lu 1.11, lu 2.2, lu 4.6, lu 4.7]
- Wat vertel die balans jou omtrent die massa van my speelgoed?
- Bespreek hul massa met ‘n maat.
- Voltooi die lyste om te sê watter speelgoed het ‘n _______________________
Groot massa
____________________________________
____________________________________
Klein massa
____________________________________
____________________________________
Dieselfde massa
____________________________________
____________________________________
- Voltooi:
Die kat se massa is dieselfde as
__________________________________ klippe s’n.
Die massa van die hasie is dieselfde as _________________________ klippe s’n.
LU 4.6 |
- Vergelyk die massa van jou potloodsakkie met jou maat se potloodsakkie se massa. Gebruik die balans.
- Vertel vir mekaar wat jul gevolgtrekkings was.
- Kies blokkies of klippe of skulpe en kyk hoeveel daarvan dieselfde massa as jou potloodsakkie het.
- Voltooi: