Kyk nou goed na die lettergreepverdeling van elk van die volgende woorde:
ingewande : i n - g e-wan-de
aangenaam : aa n - g e-naam
angel : a n - g el
rekeninge : re-ke-ni n - g e
wingerd : wi n - g erd
In die lettergreepverdeling van die woorde hierbo vind jy dat daar ALTYD ‘n skeiding plaasvind tussen ‘n n en ‘n g as die g gevolg word deur ‘n klinker.
Kyk ook goed na die volgende twee woorde:
masjien : ma-sjien
brosjure : bro-sjure
In die lettergreepverdeling van die woorde hierbo vind jy dat daar NIE ‘n skeiding plaasvind tussen ‘n s en ‘n j nie.
b) Voltooi nou die volgende oefening:
Woord | Voeg -e by | Verdeel in lettergrepe | ||
plaasskool | plaasskole | plaas-sko-le | ||
tafelpoot | ||||
hoenderhaan | ||||
waterstroom | ||||
biblioteek | ||||
melkhoutboom |
Woord | Voeg -ie by | Verdeel in lettergrepe | ||
taak | takie | ta-kie | ||
naweek | ||||
skreef | ||||
bioskoop |
Woord | Voeg -er by | Verdeel in lettergrepe | ||
verbaas | verbaser | ver-ba-ser | ||
eensaam | ||||
aangenaam |
Woord | Voeg -tjie by | Verdeel in lettergrepe | ||
motor | motortjie | mo-tor-tjie | ||
kêrel | ||||
ooi | ||||
stem |
AKTIWITEIT 7
OM HOOFLETTERS EN LEESTEKENS KORREK TE GEBRUIK
[LU 6.1.5; 6.2.10]
Die hoofletter
Dit word gebruik aan die begin van ‘n sin , vir name van persone , plekke, berge, riviere, dae van die week, maande van die jaar, name van boeke, koerante en tydskrifte, Bybelname, straatname, tale, ensovoorts.
Reël 1:
Wanneer die woorde Pa of Ma of Ouma of Oupa in die plek van ‘n persoon se naam gebruik word in ‘n sin, word dit altyd met ‘n HOOFLETTER geskryf, soos:
- Ek het vir Pa en Ma elkeen ‘n geskenk gekoop.
- Ouma en Oupa kom vir ons kuier.
Reël 2:
As die woordjie my, sy, haar, ons, hulle egter voor pa of ma of ouma of oupa staan, word dit met ‘n kleinletter geskryf, soos:
- Ek is baie lief vir my pa en my ma.
- Sy is gelukkig, want haar ouma en haar oupa is nog jonk.
Leestekens
Wanneer ons praat, gebruik ons ons stem (stembuiging, stemtoon en pouses) om ons duidelik en verstaanbaar uit te druk. As ons egter skryf, maak ons van leestekens gebruik, soos:
.die punt: aan die einde van ‘n sin en na sekere afkortings.
?die vraagteken: na ‘n vraag.
!die uitroepteken: na ‘n uitroepsin of na woorde wat hartseer, woede, blydskap of pyn uitdruk.
“ ”aanhalingstekens: die direkte woorde van ‘n persoon staan tussen aanhalingstekens, byvoorbeeld:
Sandra sê: “Kyk wie kom hier aan.”
,komma: voor want, maar en omdat
tussen ‘n reeks selfstandige naamwoorde
tussen twee werkwoorde
tussen ‘n reeks byvoeglike naamwoorde
È of é aksentteken: dit gaan mos reën, nè?
D è , vat dit vir jou.
Di é pakkie moet ek gaan pos.
–die aandagstreep: wanneer jy iets wil byvoeg of iets beter wil beskryf, bv.:
Hy het vroeg opgedaag – te vroeg.
Hy is groot – eintlik reusagtig.
Skryf die volgende sinne oor en bring die nodige hoofletters en leestekens aan waar nodig:
- toe pa en ma nog jonk was was hulle albei goeie atlete
- ek wens my ma en my pa het baie geld gehad
- hoe laat is dit
- meneer sê altyd: julle moet pynlik netjies skryf
- hy het ‘n stokou verwaarloosde geroeste motor
- sommige motors is so klein dat selfs hul enjins kleiner is as die van sommige motorfietse
Het jy onthou om gereeld woorde wat vir jou nuut of moeilik is by jou persoonlike spellys te voeg?
Assessering
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.