Wiskunde
Gewone breuke en desimale breuke
Desimale breuke
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
- Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
- Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
- Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
- 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
- ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
- Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
- Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
- ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.
- 10,2 ; 9 ; 3 ; 4,5 ; 20,41 ; 34,8 ; 3,68
- 2.1 skuif een plek na links
2.2 skuif een plek na regs
3.
3.1 30
90
45
348
102
36,8
204,1
3.2 skuif twee plekke na regs
3.3 skuif twee plekke na links
4.1
GETAL | 0,3 | 0,9 | 0,45 | 3,48 | 0,368 | 2,041 |
x 1 000 | 300 | 900 | 450 | 3 480 | 368 | 2 041 |
- skuif drie plekke na regs
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om waargenome reëls in eie woorde te beskryf [lu 2.2]
Om uitvoerwaardes vir gegewe invoer-waardes te bepaal [lu 2.3.1]
1. Kom ons kyk wat gebeur wanneer ons desimale breuke met 10 en ander veelvoude van 10 vermenigvuldig. Werk saam met ‘n maat. Vind die antwoorde
2. Beantwoord die volgende vrae:
2.1 Wat het met die tiendes- syfer gebeur?
2.2 Wat het met die desimale teken (komma) gebeur?
3.
3.1 Voltooi die vloeidiagram met behulp van jou sakrekenaar:
- Wat het nou met die desimale komma gebeur?
- Wat het met die honderdstes- syfer gebeur?
4.
- Gebruik jou sakrekenaar en voltooi die tabel saam met ‘n maat.
GETAL | 0,3 | 0,9 | 0,45 | 3,48 | 0,368 | 2,041 |
x 1 000 |
- Wat het met die desimale komma gebeur?
Onthou!
Wanneer ons ‘n desimale breuk met 10 vermenigvuldig, skuif die syfers een plek na links.
Wanneer ons ‘n desimale breuk met 100 vermenigvuldig, skuif die syfers twee plekke na links.
Wanneer ons ‘n desimale breuk met 1 000 vermenigvuldig, skuif die syfers drie plekke na links.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.2: verwantskappe of reëls wat waargeneem is in eie woorde beskryf;
Assesseringstandaard 2.3: uitsetwaardes bepaal vir gegewe insetwaardes deur gebruik te maak van:
2.3.1 woordelikse beskrywings;