“Ek’s honger!” sê hy.
Mammie lag en stap na die naaste takke van die bome in die moerasagtige woud. Sy wys vir Blits hoe sy die smaaklike vars blare afruk en haar nek rek om by te kom. Blits doen presies soos sy ma vir hom demonstreer. Hulle smul aan die heerlike sappige blare.
LU 2.8 | LU 3.3 |
- Skryf versigtig en netjies oor.
..........................................................................................................................................

- Kyk mooi na oop en toe lettergrepe en kort en lang lettergrepe.
mooi mooier mooiste
soet soeter soetste
vet vetter vetste
groot groter grootste
vroeg vroeër vroegste
- Kies die woorde wat in hierdie sinne moet pas.
1. My hond is v…….. as joune.
2. Wie se prent is die …………
3. Ek staan ………….. op as my boetie.
4. Hierdie koek is die g……………
5. Juffrou soek die s………….. kind.
6. Ons haan het die …………….. gekraai.
7. Die rooi koeldrank is …………. as die groene.
8. My fiets is g………. as joune.
LU 3.4 | LU 6.2 |
- Lees die storie eers self deur.
- Lees dit vir Juffrou.
Blits deel 2
Blits het nooit te ver van sy moeder afgedwaal nie.
Hoewel hulle baie maats in die bos gehad het, was daar ook baie vyande. Verskeie kere moes sy ma verwoed tekere gaan om ‘n honger, astrante Tirannosourus Rex, of T-Rex, te verwilder. Hierdie vleiseters was sterk en geweldig wreed.
Hulle het die planteters ongenadiglik gejag en saggies van agter bekruip. Menige Brontosourus-baba is al so onverhoeds gevang. Selfs die volwasse dinosourusse was hulle prooi.
Mammie Brontosourus het haar lang dun nek en sterk, swaaiende stert gebruik om haar en haar seun te beskerm. Sy was gelukkig om nog elke keer die bloeddorstige T-Rex af te skrik. Sy was altyd op haar hoede, selfs as hulle so rustig staan en eet aan die sappige blare van die varings en bome.
LU 3.3 | LU 3.5 |
- Skryf versigtig en netjies oor.
LU 4.1 |
- Kyk weer na oop en toe lettergrepe en kort en lang lettergrepe.
laat later laatste
hoog hoër hoogste
kort korter kortste
goed *beter *beste
baie *meer *meeste
- Kies die woorde wat in hierdie sinne moet pas.
1. Hy sal ………… eers kom.
2. Jan spring die ………….. .
3. My voet is k………… as joune.
4. Ek het ……………. as jy in die toets gedoen.
5. Die blou span het die …………. punte behaal.
6. Hierdie veld het die …………………. blomme.
7. San trek die ……………….. vuurhoutjie.
8. Gert het ……………… albasters as Sarel.
LU 3.4 | LU 6.2 |