prent pas en merk dit. Sodra 'n leerder 'n volle ry woorde (af, dwars of oorkruis) gemerk het, roep hy/sy "BINGO!".
(Wees versigtig as julle 'n woord merk. Daar is 'n vangplek.)
STOEL | WASBAK | BLOMPOT | YSKAS | LIG |
WASLAP | BANK | LAAIKAS | BOEKRAK | KETEL |
POTPLANT | STORT | STOOF | LAMP | PRENT |
SPIEËLTAFEL | HANDDOEK | STOELTJIE | KAGGEL | OPWASBAK |
KOFFIETAFEL | TEEPOT | SKILDERY | TAFEL | TELEVISIE |
Die wenners moet vir die res van die klas vertel watter woorde hulle in die ry gemerk het.
Aktiwiteit 3
Om ooreenkomste en verskille raak te sien [lu 5.2.4]
Wat pas nie? (woordeskat)
Lees die volgende groepies woorde en omkring die woord wat jy dink nie pas nie. Probeer dit eers individueel en bespreek dit dan in jul groepe. Jy mag van jou maats verskil, maar vertel vir hulle hoekom jy so dink,
byvoorbeeld:
sitkamer, eetkamer, slaapkamer, kombuis
Jy kan slaapkamer kies as die woord wat nie pas nie, want in al die ander kamers kan jy sit en eet of iets drink.
1. | koppie | piering | bord | mes |
2. | televisie | yskas | stoof | mikrogolfoond |
3. | waslap | kraan | spons | seep |
4. | mat | kombers | laken | kussing |
5. | mes | vurk | beker | lepel |
6. | stoel | bank | stoeltjie | koffietafeltjie |
7. | venster | spieël | prent | skildery |
8. | boeke | matjie | wekker | ornamente |
9. | deur | dak | venster | tuin |
10. | leeslamp | blompot | gordyne | ornamente |
Aktiwiteit 4
Om korrek te leer spel [lu 4.5.2]
WOORD SOEK WOORD
Kom ons voeg twee woorde saam. ('n speletjie en 'n skriftelike taak)
Verdeel in groepe van 16. Daar is twee stelle van 16 kort woorde wat, as dit saamgevoeg word, agt langer woorde vorm (bv. sit + kamer : sitkamer). Een stel is vir groep A en een stel vir groep B.
Jul opvoeder sal vir elke leerder in 'n groep 'n kort woord gee. Beweeg dan rond in jou eie groep en soek 'n maat wat die ander deel van die woord het. As die woorde wat julle twee het, saamgevoeg kan word, moet julle sit. Kyk watter groep kan hulle woorde die gouste bou.
Ruil groepe en deel weer die woorde uit. Probeer nou weer om die saamgestelde woorde te vorm.
Verbind nou die woorde in die bakstene hieronder met mekaar:
blom | doek | was | plant | |||
tee | lamp | pot | kas | |||
hand | kamer | tee | kussing | |||
laai | pot | klere | rak | |||
bed | bak | motor | lap | |||
spieël | lepel | kop | kassie | |||
eet | kas | boek | pot | |||
was | tafel | bed | huis |
Leer die samestellings en die spelling van die woorde.
Assessering
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:
4.5.2 bekende woorde korrek spel.
Leeruitkoms 5: dink en redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.4 ooreenkomste en verskille tussen dinge identifiseer (soos tussen ‘n helikopter en ‘n vliegtuig).
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:
6.3.4 ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks verstaan teen die einde van graad 4. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
Memorandum
Aktiwiteit 1(a)(a)(i) rooi
haai rooi – die kleur van bloed
braai nooi – as jy iemand vra om te kom kuier
slaai gooi – jy doen dit met ‘n bal
swaai mooi – nie lelik nie
draai ooi – ‘n vroulike skaap
laai plooi – ‘n vou in jou vel of in materiaal
saai strooi – kaf wat diere eet
raai fooi – ‘n betaling vir ‘n diens gelewer
waai
(iii)
koei
koei
koei
goeie
poeiermelk
stoei
roei
loei
foei
groei
moeilik
Aktiwiteit 3(a)aktiwiteit 4
1. mes blom.....pot boek......rak
2. televisie tee........lepel bed .......kassie
3. kraan hand..... doek
4. mat laai.......kas
5. beker bed......lamp
6. koffietafeltjie spieël.....tafel
7. venster eet ........kamer
8. matjie was......bak
9. tuin was......lap
10. gordyne pot........plant
tee........pot
klere.......kas
motor.......huis
kop .........kussing