Wiskunde
Meetkunde, datahantering en waarskynlikheid
Datahantering
Opvoeders afdeling
Memorandum
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om eenvoudige vrae te vra en databronne te identifiseer [lu 5.1]
Om data te organiseer en op te teken [lu 5.4]
Vir hierdie aktiwiteit moet julle in groepe van drie verdeel. Kies een van die volgende onderwerpe. Kies dan een graad in die skool van wie jul die inligting kan versamel.
- Gunsteling sport.
- Gunsteling TV-program.
- Gunsteling leerarea op skool.
- Gunsteling troeteldier.
- Gunsteling naweek-tydverdryf.
Stel ‘n tabel op waarin julle die inligting kan opteken, bv.
Gunsteling sport | Hokkie | Netbal | Sokker | Rugby |
Aantal leerders | _______ | _______ | _______ | _______ |
Assessering
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige vrae stel oor sy/haar eie skool en gesinsomgewing, en gepaste databronne vind ten einde menseregte, sosiale, politieke, kulturele, omgewings- en ekonomiese kwessies in daardie omgewing die hoof te bied;
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle.